| |
Kliek op een van die onderstaande cd's op die betrokke lirieke te sien
Lirieke kan per e-pos aangevra word, kliek hier
| | 
| 
|
Songs uit my Binnesak - 2005
Hier waar jy hoort | Engelliedjie | Wintersprokie | Stofpad
Hoe durf jy? | Wag nog 'n bietjie | Nagel se draai
Wiegeliedjie | Onthou jy nog? | Genadewater | Buite val die reën
Blou blou water | Nagliedjie | Ballade vir 'n vreemdeling | Anthem |
Hier waar jy hoort
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
Jy sê my jy is sterk en jy
kan stewig op jou voete staan
al sou ons twee se paaie skei
en liefde in die stof vergaan
Dink jy ons het ooit kon weet
hoe bitter seer 'n mens kan kry
die dag toe jy die deur vir oulaas
saggies toemaak agter my
Waarheen loop jy, waarvoor hoop jy
Watter waansin dryf jou voort?
Waarom lag jy, wat verwag jy
weerloos agter elke woord
Watter rigting bring verligting
Ek loop suid maar jy loop noord
Dis leeg hier om my, wanneer kom jy
terug na my hier waar jy hoort
Soveel vrae, soveel twyfel,
soveel wat ons misverstaan
terwyl ons twee soos kinders elkeen
doelloos maar sy koers inslaan
En terwyl ons aanhou dwarstrek
en ons koppe steeds maar aanhou stamp
soek ek jou elke nag vergeefs hier
in die ligkring van my lamp
Waarheen loop jy, waarvoor hoop jy…
En tog as ek onseker in
die donker nag die ure tel
en dan maar nog 'n kers opsteek
om in die vlam jou naam te spel
Weet ek 'n deel van jou sal altyd
stil en diep hier in my bly
al sê ons wat, al praat ons nooit,
al leef ons bymekaar verby.
Waarheen loop jy, waarvoor hoop jy…
|
Engelliedjie
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
soos wind oor 'n blaar
soos 'n veertjie, sommer maar
as mense met jou mors,
as jy vies is, of nors,
is ek daar
soos die lente elke jaar
soos 'n wit bloeiselblaar
as jy moeg is en verniel is,
soos 'n kaggel vir die siel
is ek daar
Lewe jou lewe, my engeltjiekind
altyd gerus, ek is daar in die wind
jy kan my nie sien nie
maar ek dink tog jy ken my
altyd gerus in die weer en die wind
lewe jou lewe, my engeltjiekind
as die stormwind waai
en die blitse begin laai
as die onweer jou tref
moet jy besef ek is net
om die draai
wie gaan jou bewaar
as jy dink daar's gevaar
as jy koud kry of bang is,
soos die asem teen jou wang
is ek daar
Lewe jou lewe, my engeltjiekind
altyd gerus, ek is daar in die wind
jy kan my nie sien nie
maar ek dink tog jy ken my
altyd gerus in die weer en die wind
lewe jou lewe, my engeltjiekind
is dit 'n ou-ou goue blaar
waarna jy so sit en staar
dis net kinders wat luister
as blare begin fluister
vir mekaar
|
Back to Top |
Wintersprokie
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
'n Winter herhaal hom
na ses, sewe jaar
'n Wysie wat spook
op 'n stokoue snaar
Jy probeer dit verduidelik
probeer dit besweer
en jy dink jy verstaan dit:
Wel, die dinge gebeur
Die wind van die berg af
laat die dakplate kreun
Vieruur in die môre
in die triestige reën
So maak ons liefde
so leef ons weer
en dan neem ons afskeid
tot die volgende keer
Dai da da da dai...
Ek wens ek was by jou
daar waar jy nou bly
Maar nou ja, jy's so ver
en die tyd vlieg verby
Vertel my van liefde
ek leer soos 'n kind
want my hart is deur die jare
se kalklig verblind
Dai da da da dai........
Soms so onseker
soms selfvoldaan
Liefde weet beter
die hart sal verstaan
|
Stofpad
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
Ek ry weer op die stofpad
waar die kalklip teen die rante streep
Om my waai die lang gras
die vlaktes lê so breed
Elke droë doringboom
'n mylpaal êrens agter my
Die wind suis deur my hare
ek het my koers gekry
Telefoonpale, beestekrale, vinke in die vlei
Windpomphoogte, die lang, lang droogte is finaal verby
Die myle word al minder
soos ek oor die stofpad ry
na die houtvuur in die klipmuur
waar my liefde wag op my
Al my spoke lê soos ou
geroeste wrakke langs die pad
Ek weet ek sal van nou af aan
die regte afdraai vat
Die wêreld lê nou oop en bloot
soos 'n padkaart wawyd oop voor my
My hart lag al hoe harder
soos ek nuwe asem kry
refrein
Sê nou maar ek kon dalk net
die aarde op sy kop laat staan
En lag-lag kyk hoe tol hy
in 'n nuwe wentelbaan
Hy tol daar deur die heelal
dat die silwer sterrestof so staan
op 'n stofpad deur die ruimte
wat lig bring waar hy gaan
|
HOE DURF JY
Woorde en musiek: Karen Wessels
Sê vir jou ma ek sal jou nooit weer pla nie,
sê vir jou sussie ek is baie lief vir haar.
sê vir jou broer ek hoop hy maak miljoene rande,
sê vir jou pa ek dink daai Opel enjin is al lankal gaar.
Wag 'n bietjie, wat sê jy vir my,
wag 'n bietjie, herhaal daai woordjies vir my,
hoe durf jy!
Sê vir jou ouma sy kan nou maar rustig doodgaan,
en sê vir jou oupa ons kinders sal sy naam nooit dra.
sê vir jou gomtor oom hy kan sy oë nou van my afhaal
want volgens jou was ons blykbaar al lankal klaar.
Wag 'n bietjie…
Sê vir jou budgie ek gaan hom nooit weer voer nie
en sê vir jou tannie pienk is nie die nuwe swart nie.
sê vir jou niggie sy moet tog net nie bloedskande pleeg nie,
en sê vir jou dokter daai pille wat hy jou gee maak jou net befokter.
Wag 'n bietjie
Sê vir my hart jy het my siel mooi omgekrap,
en sê vir my brein jy was tog altyd te verfynd.
sê vir my lewe ek sal jou eendag vergewe
vir al die seerhê en al die ongemaklike lepellê.
Nagel se draai
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
My bakkie het gister gaan staan
in die pad duskant Nagel se draai
met die water wat spuit by die radiator uit
in die son wat die teerpad laat braai
Ek het lank daar bly sit op 'n klip
in die sandloop langs Nagel se draai
waar Nagel se wrak lê en roes op sy dak
en die wind deur die kloof aanhou waai
Wie het vir wie daar verraai
lank gelede daar by Nagel se draai?
Seerkry, my kind, is soos vrae in die wind
en die antwoord; die kan mens maar net raai
Ek droom nog so dikwels ek's daar
in die pad duskant Nagel se draai
is dit jou stem wat so fluit deur die takke in die spruit
of die Ooswind wat so warm kan waai?
|
Wag nog 'n bietjie
Woorde: Coot van Doesburgh
Musiek: Edwin Schimscheimer
Afrikaanse woorde: Richard van der Westhuizen
Ek sien jou daar staan
met jou helder blou oë
en ek hoor weer jou stem wat my weerstand laat smelt
Maar my seer is nog te rou
en ek bly steeds bedroë
so wag eers voor jy my bel
Ek het eintlik besluit
ek gaan van nou af alleen bly
want my hart is nog iewers verlê
Maar toe laat ek my weer
deur jou oë verlei
Wag eers voor jy iets sê
Maar gee my 'n teken, 'n teken van lewe
Geen woorde, geen raad nie, een kyk, net vir nou
Jy hoef niks te sê nie, jy hoef nie te praat nie
Hoef niks uit te lê nie, dit is nog te gou
Daarom vra ek jou asseblief
wag net 'n bietjie langer
want die seer in my siel word nog heel
As dit weer moet gebeur
wel, ek word al hoe banger
so wag eers voor jy my streel
Ek is nog nie gereed nie, vir die liefde, die een nie
kan nog nie vergeet nie, ek moet eers nog berus
ek is nog nie bereid om my weer oor te gee nie
so wag net eers voor jy my kus
Maar gee my 'n teken, 'n teken van lewe
Geen woorde, geen raad nie, een kyk, net vir nou
Jy hoef niks te sê nie, jy hoef nie te praat nie
Hoef niks uit te lê nie, dit is nog te gou
Veels te gou
Ek weet nie of ek iemand
so gou weer kan vertrou nie
die vrees lê nog vlak hier verbloem
Ek weet nie of ek nou al
weer van iemand kan hou nie
so wag eers voor jy iets doen
Maar as ek kon kies
dan sou ek by jou wees
En as dit so gebeur dat jy regtigwaar bly
dan moet jy my ewig
en vir altyd getrou wees
so wag net eers, wag eers vir my
Maar gee my 'n teken, 'n teken van lewe
Geen woorde, geen raad nie, een kyk, net vir nou
Jy hoef niks te sê nie, jy hoef nie te praat nie
Hoef niks uit te lê nie, dit is nog te gou
Maar gee my 'n teken, 'n teken van lewe
Geen woorde, geen raad nie, een kyk, net vir nou
Jy hoef niks te sê nie, jy hoef nie te praat nie
Hoef niks uit te lê nie, dit is nog te gou
|
Back to Top |
Wiegeliedjie
Woorde: Richard van der Westhuizen
Musiek: Andrew Roos
Die wind waai koud deur die donker nag
die reën sak uit soos 'n jakkals blaf
takke krap teen die vensterruit
soos 'n spook wat 'n mensehart wil buit
Ou-ou skepe wil jou kom haal
deur die storms na droomland daal
wie sal jou van die rowers red
klein-kleine mensie alleen in jou bed
Trek die lakens oor jou kop
kruip weg soos jou hartjie harder klop
knus in jou komberskasteel
beskut teen die dief wat jou hart wil steel
Sien jy vlermuise, hoor jy 'n uil
hoor jy die weerwolwe buite huil
ogies toe as die weerlig slaan
wie weet watter skim in sy lig kan staan
Die deur klap oop en die honde grom
wie is dit wat na jou toe kom
pa sal jou van die rowers red
klein-kleine mensie alleen in jou bed
|
Onthou jy nog?
Woorde: Hans Lodeizen
Musiek: Herman van Veen
Afrikaanse woorde: Richard van der Westhuizen
Onthou jy nog?
Terwyl die wind die bome buig
en die blare van die takke skud
het ons saam teen die reën geskuil
en jy't nog so geskrik
Toe ek jou sê
dis als verby
ons weë moet nou skei
My arme kind, dis hartseer
maar dis beter dat ek gaan
Ek swyg en jy huil
Onthou jy nog
my hand wat joune
saggies vashou
omdat jy spoedig sou sien
dat jy regtig meer verdien
terwyl jy deur jou trane lag
en sê….miskien
Dis nou weer herfs
dit reën
Maar alleen skuil ek onder die lower
en dink aan jou
en ek ween
|
Genadewater
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
Ek hoor jy hang nog steeds daar
by die Crossroads Cafe uit
Die mense sê jy dra jou kruis
maar jy's meestal bloot gespuit
Die strate word al harder
en die gate al hoe meer
en hoe jy deur daai mynveld loop
wel dit moet jy nog leer
'n Paar ou has-been helde
jive anderkant die puin
op 'n beat wat al hoe dowwer word
met 'n papsak warm wyn
Die ding is, as jy plat lê
val alles bo-op jou
En dan moet jy óf opstaan
Óf verbete begin grou
Net 'n bietjie genadewater
'n druppel hemelreën
Die heelal wat miskien weer sy geheime aan ons leen
Net 'n bietjie genadewater
laat die stof tog net gaan lê
ons wat weer soos kinders kan sê wat ons wil sê
Is daar vir 'n oumens
eenkant en alleen
nog genadewater, 'n bietjie genadereën
God weet daar was tye
wat ek die son nooit weer wou sien nie
wat ek die hemel weet gevoel het
dat ek geen noot of woord verdien nie
Die bloed wat deur my are jaag
is soms so swaar soos lood
en elke woord en elke noot
'n droë krummel bitter brood
Refrein
|
Buite val die reën
Woorde: Richard van der Westhuizen
Musiek: Wikus du Toit, Anneke Visagie
Jy sê jy moet nou loop
En so los jy my alleen
Jou jas hang teen die kamerdeur
Buite val die reën
Ek hoor hoe jy die trap afstap
Ek hoop jy weet waarheen
'n hond krap teen die agterdeur
Buite val die reën
En nou's daar net vier mure
Die lig het grys versteen
Die damp vlek teen die binnemuur
Buite val die reën
Ek sit hier voor die venster
En hoor die wind wat kreun
Die mis hang sulke slierte
Buite val die reën
Daar is geen sin of rede nie
Eintlik bly mens alleen
In 'n groter onbekende
En buite val die reën
Nagliedjie
Woorde: Hennie Aucamp
musiek: Richard van der Westhuizen
Die aand word ál blouer
en eindelik nag
Gordyne haal asem
terwyl hulle wag
My lamp buig verstom
oor 'n blanke vel
en soek die simbole
wat jou moet spel
Maar vind net die weerstand
van naakte begrip
wat liefde gevolg het
tot in die wip
Gordyne bol wild
Verskrik deur die wind
van 'n liefde bly laastens
net maar die wind
|
Back to Top |
Blou blou water
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
Blou blou water
somerson
Wie kan nou kla
as die somer nader kom
Blou blou water
somerson
Die dag lê ryp
soos 'n groot vet botterblom
Die ding wat ek wil hê
soos ons stadig stroom af dryf
Is dat jy in die son by my kom lê
met jou lang bruin somerlyf
As jy hier wil loop moet jy ligloop
Voete in die warm sand
As jy hier wil lê moet jy reg lê
As jy vat dan vat jy met 'n sagte hand
Blou blou water
somerson
Wie kan nou kla
as die somer nader kom
Blou blou water
somerson
Die dag lê ryp
soos 'n groot vet botterblom
Die wind is koel en droog
en die lug skoon helderblou
My hart begin te klop-klop
soos jy jou arms om my vou
'n Voël vlieg oor die water
die visse begin spring
More kan wag tot later
die dag sal bring wat die dag sal bring
|
Anthem
Woorde en musiek; Richard van der Westhuizen
Dis skemer oor ons land
Die vreemde gloed van 'n verre brand
Hang oor die newels van die rookmis en reën
Die kranse staan as skildwag
Voor die donker drom se hoonlag
Waar die slanggif in die koue aarde pols
Oor die witkant, oor die swartkant
Oor die skaakbord van die hartland
Kruip die groot kanonne al hoe nader
Ongehoord en ongesiene
In die drup-drup van morfiene
Loop die uurglas nou algaande leeg
Maar iewers is daar vrede
En 'n beter dag, en 'n nuwe hede
Iewers is daar vrede
En die weerklank van 'n suiwer rede
Iewers is daar vrede, wie weet waar?
Mag die gode ons bewaar
Mag die gode ons bewaar
Mag die gode ons almal bewaar
Waarheen daal die donker maan
Wat sal op sy sekel staan
Die land lê vol en ryp in vrug en blom
Voor die silwer, voor die rooi
Voor die mespunt en die prooi
Slaan die staalblou weerlig op die valbyl se lem
Nou weerklink die horinggeskal
En iewers moet die dolos val
In die droë stof wat oor die aarde lê
Oor die erwe van ons vaad're
Woed die wilde en makab're
Klink die somber klaaglied van die naderende dood
|
Ballade vir 'n vreemdeling
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
Dit reën hier waar dit nooit juis baie reën nie
Die mis sleep laag, onrustig oor die rant
So lank gedink ek kom nooit weer hierheen nie
Na die doringbos en klip van niemandsland
My spore lê versprei oor vele paaie
Ek reis my lewe lank op soek na meer
Ek steur my nie aan tyd of grens of mens nie
Liefde, lus en trou het ek besweer
Wat word van al die arme eensaam siele
Wat dink geluk kan jy slegs in ander mense vind
My lewe pas nou min of meer in 'n rugsak
Uiteindelik leef ek skotvry soos 'n kind
Miskien bly ek 'n maand of twee of langer
Dalk word my stof nog deel van hierdie grond
Dalk word ek soos die sleepmis oor die klippe
Uiteindelik net 'n soutsmaak in die mond
Intussen gloei my bloed soos warm yster
Brand al wat 'n drang is diep in my
Maar hartstog en geraas vind ek in stilte
My vuur vlam wit in die misbank rondom my
|
|
|
Back to Top |
Dorsland - 2001
Tussen Treine |
As my tas my kas is |
Buite val die reën |
Liefliedjie
Nagliedjie |
Nog 'n Hotel |
Bloed syfer weg in die sand |
Cowboy kitaar
My liefde |
Die viooltjies op Ouma se graf |
Dorsland |
Cowboy guitar |
'n Laaste walsie voor die winter
|
Tussen Treine
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
Ek wonder wat van jou geword het
Jy wat nog so by my spook
Ek weet net ons het die vuur gemaak
Die wêreld aan die brand gestook
Nou is die nagte soveel stiller
Die dae eis hul eie tol
Maar ons twee was die wilde wind se blare
Ons kaartjies lê die hele wêreld vol
Tussen treine, tussen stasies
Lê daar basies net die leë spore
Tussen treine, tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore
Nou vra ek waar het alles begin
Die ding van los wees voor die wind
Onthou jy ook die rook, die yster
Die lig wat in die verte blink
Dan dink ek terug aan soveel dae
Soveel stawe op die spoor
Ja daar was voorheen 'n tyd van treine
Waar en wanneer het ons dit verloor?
Tussen treine, tussen stasies
Lê daar basies net die leë spore
Tussen treine, tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore
Elke keer was dit 'n afskeid
Elke keer weer 'n begin
'n Honderd haltes langs die spoor
Elke stasie het sy eie skim
Miskien het ek verleer om te kyk
Jy bepaal jou eie baan
Soms sien ek die skadu van jou spieëlbeeld
As spieëls verbrokkel voor die maan
|
As my tas my kas is
Woorde en musiek: Lochner de Kock
As ek ver op reis is
En my nagte grys is
En my wakkerword koud soos ys is
As my tas my kas is
En my spens my jas is
En gesigte om my uitgewas is
Skryf ek briewe sonder woorde
In die kamers van my hart
Sing ek wysies sonder akkoorde
Teen die donker wat my tart
Ek stuur hul lugpos, spoedpos, e-pos
Oor die eter deur die ruim
Ek laat 'n duisend duiwe los
Om elke poot net ons twee se geheim
As ek teen die langpad rem
Kilometers my beklem
En die witstreep raak 'n lem
As my radiostasie afdwaal
My elektries bly faal
En die stilte my inhaal
Skryf ek briewe……
As ek weer by jou is
En more weer te gou is
En jy weer te kort my vrou is
As ek na ons kind kyk
En wonder hoe die wind lyk
Wat my waai na die waar die wêreld vreemd ruik
Skryf ek briewe……
|
Back to Top |
Buite val die reën
Woorde: Richard van der Westhuizen
Musiek: Wikus du Toit, Anneke Visagie
Jy sê jy moet nou loop
En so los jy my alleen
Jou jas hang teen die kamerdeur
Buite val die reën
Ek hoor hoe jy die trap afstap
Ek hoop jy weet waarheen
'n hond krap teen die agterdeur
Buite val die reën
En nou's daar net vier mure
Die lig het grys versteen
Die damp vlek teen die binnemuur
Buite val die reën
Ek sit hier voor die venster
En hoor die wind wat kreun
Die mis hang sulke slierte
Buite val die reën
Daar is geen sin of rede nie
Eintlik bly mens alleen
In 'n groter onbekende
En buite val die reën
Nagliedjie
Woorde: Hennie Aucamp
musiek: Richard van der Westhuizen
Die aand word ál blouer
en eindelik nag
Gordyne haal asem
terwyl hulle wag
My lamp buig verstom
oor 'n blanke vel
en soek die simbole
wat jou moet spel
Maar vind net die weerstand
van naakte begrip
wat liefde gevolg het
tot in die wip
Gordyne bol wild
Verskrik deur die wind
van 'n liefde bly laastens
net maar die wind
Bloed syfer weg in die sand
Woorde en Musiek: Richard van der Westhuizen
Gister is daar weer geslag
Die kinders het nuuskierig staan en kyk
Hoe die dier vasgepen
op die lem lê en wag
wat die man op die klip staan en slyp
Ek kyk hoe die bloed loop
Die warm pienk skuim uit die aar
Die dier gaan dood
met sy oë wyd oop
voor die kinders wat stil staan en staar
Bloed drup deur die vingers en stort oor die voet
Van die man met die mes in sy hand
Oë word glas
die slagaar loop leeg
Die dier het maar net soveel bloed
En bloed syfer weg in die sand
Bloed syfer weg in die sand
Soms dink ek ek weet hoe dit is
Vir die dier as hy daar lê en bloei
Alles is suiwer
is waarheid is niks
Soos die lewe wat uit hom uit vloei
Ek sien weer die vingers en hoor weer die vloek
Van die vrou met my hart in haar hand
Oë word glas
word skerwe versplinter
My lewe is maar net soveel bloed
en bloed syfer weg in die sand
Bloed syfer weg in die sand
Bloed syfer weg in die sand
Bloed syfer weg in die sand
Cowboy kitaar
Woorde & musiek: Richard van der Westhuizen
Daar's 'n vuurtjie langs die grootpad naby Bitterfontein
'n Kraalbos wat brand duskant Brandberg se myn
Loop die spoor van die cowboys Spektakelberg oor
Is dit die stem van Roy Rogers wat ek verlangs kan hoor ?
Die stem van Roy Rogers langs die ou Dorslandspoor
Daar's 'n swart hings in die soutbos naby Soebatsfontein
Is dit die Ruiter in Swart wat oor die rantjies verdwyn ?
Het 'n spookperd die cowboys deur die Sandveld gedra ?
Is dit Charles Jacoby daar voor op die wa ?
Charles Jacoby en sy cowboy kitaar
Cowboys sal kom, cowboys sal gaan
Maar die beste was Bokkie in die lig van die maan
Cowboy se perd, cowboy kitaar
Loop die spook van ou Bokkie in Nababeep se bar
Instrumental
Dis die sekelmaan wat hang oor die skimmelperdpan
Waar is Slim Whitman wat die drade kan span ?
Oor die Boesmanland vlaktes sit Worsie en staar
Dis die eggo van Bokkie Eloff se cowboy kitaar
Die eggo van 'n cowboy se cowboy kitaar
Cowboys sal kom, cowboys sal gaan
Maar die beste was Bokkie in die lig van die maan
Cowboy se perd, cowboy kitaar
Loop die spook van ou Bokkie in Nababeep se bar
|
Liefliedjie
Woorde en musiek: Lochner de Kock
Met jou wil ek altyd elke oomblik deel
Met jou sal die lewe my nooit kan verveel
Met jou wil ek op 'n mallemeule ry
Met jou wil ek in die maanskyn vry
Vir jou wil ek arms vol sonneblomme pluk
Vir jou wil ek my kitaarsnare ruk
Vir jou wil ek rooiwang appelbome plant
Vir jou wil ek 'n duisend bidkerse brand
Jy's my somerhuis se rankroosbos
My herfsgety se rooibruin blos
My wintertyd se boontjiesop
My lentebruid, my bloeiselpop
Vir jou wil ek 'n rooi kersieboord aanplant
Vir jou wil ek handevol soet wierook brand
Ek wil vir jou 'n lied van geilgrond sing
Ek wil vir jou 'n mandjie vol blomme bring
Want jy laat my voel soos 'n koningskind
Jy laat my sing soos 'n somerwind
Jy laat my lag soos 'n sirkusnar
Jy maak my kop skoon deurmekaar
Jy's my somerhuis se rankroosbos
My herfsgety se rooibruin blos
My wintertyd se boontjiesop
My lentebruid, my bloeiselpop
Nog 'n Hotel
Woorde & musiek: Richard v/d Westhuizen
Ou Frank staan en preek daar in die bar
Die Here moet maar help, die lewe druk swaar
Sy boerboel lê buite op die bakkie en wag
Maar hy vat nog 'n dop en hy preek nog 'n slag
Ek wonder waar my siel is
Maar ek sien net die stof
In die pad duskant Kenhardt
Op die vroeë moreskof
Dis droog en dis warm, my tong is geswel
Op die stoep langs die voordeur van die Okiep hotel
En ek weet laat vanaand vra die mense vir meer
More is my kop alweer van vooraf seer
Ek sien nog die sterre
Een aand op De Aar
Toe my kar weer gaan staan het
Net buite die bar
Klipdrift en koffie, die kar is gelaai
Die vlaktes lê wyd met die wind wat so waai
Klipdrift en koffie, biltong en bier
Dis 'n pad sonder einde, petrol is duur
Ek mis jou my baby, maar ek sal jou mos bel
Ek's alweer op die pad na nog 'n hotel
Ja, ek mis jou my baby, maar ek moet jou vertel
Die pad is vol klippe na nog 'n hotel
Die skoolmeisies loer en wens iets wil gebeur
Hulle giggel oor Steve op die voorblad van Keur
Daar staan Boetie Mostert in die deur van die Grand
Boetie speek die bass in die boeremusiekband
My eerste kitaar
Was 'n tweedehandse buck
Maar nou is my foto
Ook al in De Kat
Die manne praat rugby, almal gee raad
Die boere praat doogte, diesel en skaap
Ek sien jou daar staan op die hoek van die straat
En ek wens ons kon ag nog 'n maand langer praat
Ek dink aan my gisters
Ek sien soveel drome
Die hotel op Vanrhynsdorp
Haak-en-steek bome
Klipdrift en koffie, die kar is gelaai
Die vlaktes lê wyd met die wind wat so waai
Klipdrift en koffie, biltong en bier
Dis 'n pad sonder einde, petrol is duur
Ek mis jou my baby, maar ek sal jou mos bel
Ek's alweer op die pad na nog 'n hotel
Ja, ek mis jou my baby, maar ek moet jou vertel
Die pad is vol klippe na nog 'n hotel
My liefde
Woorde & musiek: Richard v/d Westhuizen
My liefde lê so ver vannag
Die blou blou berge oor
Ek prewel haar geheime naam
Waar slegs die nag dit hoor
My liefde lê so stil vannag
Waar ou ou winde waai
My asem streel haar lippe sag
Soos ek vergeefs haar drome raai
'n Blou blou vlam
'n Koue vlam
'n Vlam wat yster smee
Die blou blou ys
Die koue krys
Die warm bloed wat skree
My liefde lê in die donker nag
So ver, ver van my af
Soos skerwe glas weerklink haar lag
Waar wolwe teen die volmaan blaf
My liefde lê by my vannag
Die silwer maan hang stil
En ek, ek sing my hart se lied
Wat ou en ver verlange vul
|
Die viooltjies op Ouma se graf
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
Lientjie sit eenkant in 'n ou riempiestoel
In die kroeg van die Elegance Go-Go Salon
Verf gou haar naels, rook 'n laaste sigaret
Want sy weet kort voor lank gaan die mans begin kom
Sy sluk aan haar gin, skraap krag bymekaar
Om courtesane te wees vir die mans rondom haar
Die rooi om haar lippe, die grimering so geil
Word die sluier waaragter sy naglank kan skuil
Sy wonder, is die lug bo die Baai nog so blou
En die volmaan bokant Lootsberg nog so helder en grou
Brand die lig bo-op Towerkop nog steeds deur die nag
Groei daar nog viooltjies op ouma se graf
Soms kry sy lag as die spieël haar oog vang
Vir haar lipstick en maskara en die blusher op haar wang
En sy dink, dankie tog vir die halfskemerlig
Want dis erger as die verf op 'n nar se gesig
Soms is haar bed so koud, so alleen
Dan gaan koop sy 'n chocolate en sit en kyk na die reën
En sy dink, ja dis goed so, daar's geld in die bank
Maar haar hart voel so leeg soos die glas in haar hand
Sy wonder, is die lug bo die Baai nog so blou
En die volmaan bokant Lootsberg nog so helder en grou
Brand die lig bo-op Towerkop nog steeds deur die nag
Groei daar nog viooltjies op ouma se graf
Sy kyk deur die venster waar die winternag daal
Na die wind wat die blare na willekeur maal
Alles is so anders as waarvoor sy wens
So maak die lewe mos maar met 'n mens
Lientjie sit agter in die taxi en staar
Na die nagloperskimme wat die nanag in vaar
Die rookmis hang slierte oor die stad se verniel
En die teerpad is hard soos die eelte om haar siel
|
Dorsland
Woorde: Richard van der Westhuizen
Musiek: Andre Swiegers
Ek het jou laas gesien in die skaduwee
Van 'n petrolpomp by 'n padkafee
Bondeltjie klere in 'n sak op jou rug
Tien jaar terug, met jou duim in die lug
Toe't jy gesê jy gaan 'n tyd lank rus
Die duine vat langs die skedelkus
Jou vuur laat brand in die droë land
Verdwaal aan die wêreld se verkeerde kant
En nou vra jy my, het ons ver gereis
Wat vra jy, ons het skaars begin
Dis 'n lang, lang pad deur die droë land
Nou wil jy weet, het ons iets hier beet
Wat vra jy, ek het klaar vergeet
Maar ons draf min of meer voor die donderweer
In die suide van Afrika
Ek dink ek het die helfte van my hart verloor
Naby Bitterfontein, op die dorslandspoor
Maar dis hoe dit werk, jy betaal uit die hand
Geraamtes bly agter in die stof en die sand
Hoor jy die eggos, dis die tyd van die dier
Hoor jy as die ysterklippe teen mekaar skuur
Ons bly nomades in 'n niemandsland
verdwaal aan die wêreld se verkeerde kant
En nou vra jy my, het ons ver gereis
Wat vra jy, ons het skaars begin
Dis 'n lang, lang pad deur die droë land
Nou wil jy weet, het ons iets hier beet
Wat vra jy, ek het klaar vergeet
Maar ons draf min of meer voor die donderweer
In die suide van Afrika
|
Back to Top |
Cowboy guitar
Words & music: Richard van der Westhuizen
There's a fire by the roadside in the desert of dreams
Where a lonesome young cowboy is cooking bacon and beans
And the mountains are high, they're as high as the stars
As he sits there he imagines he can hear from afar
The sound of a lonesome old cowboy guitar
The prairies are wide and the desert is dry
The sicklemoon hangs low in the lonely night sky
The trail of the horses leaves a desolate scar
Like the sound in the night you can hear from afar
The sound of a lonesome old cowboy guitar
Cowboys have come, cowboys have gone
The wild west is silent, but the legend lives on
In the heart of every drifter, in the lure of a star
And the lone distant echo of a cowboy guitar
Now the highways and the railroads they cover the ground
There are satellites and jet planes in the air all around
But I'm putting on my boots, and I'm heading for the stars
Where the ghosts of the cowboys roam free and roam far
With my hat and my lonesome old cowboy guitar
Cowboys have come, cowboys have gone
The wild west is silent, but the legend lives on
In the heart of every drifter, in the lure of a star
And the lone distant echo of a cowboy guitar
|
Jy gee my soveel ruimte |
Wat jy ookal wil doen |
Die Warmsand Tango |
'n Laaste walsie voor die winter |
Jy en jy en jy en jy |
Liewe Ma |
|
|
Back to Top |
Vuurklip - 1998
Vuurklip | Jou kombers | Skepe in die nag (Deel 2) | Hartlam
Kom Duzi met my baby | Stukkend | Bêre daai ding | Ek hou van 'n man
'n Lied vir die nuwe jong Suid-Afrika | As jy my vra | Die brylcream breker | Die swart, rooi en grys
Wintersprokie | Afrika | Dooierus | Onderture |
Vuurklip
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock
En wanneer sal die klip, swygsame draer van die woord
Die oer-ou stilte van millenia se heilig eed verbreek?
En wanneer sal die mure om die stad van waansin
Weer tot stof verbrokkel, na benede stort?
Om deur die water en die wind, en tonge van die vuur
Gesuiwer, rotsvas uit te troon bo hierdie klein bestaan?
In die swoel baarmoeder van haar, ons aardse moeder
Lê die rots en wag, 'n blinde Argonout op reis
Na nêrens, om deur die warmwit vuur gestut
Deur vulkaan, die donker Leviatan
Uitgespoeg te word......... as klip.
Ouer as die moeë aarde, tempels van vergange tyd
Stemlose draer van die stil ballade, woordloos teen verwyt.
Draer van die oergeheim, oorsprong van die mens se pyn.
En sou ons deur die waarheid stap
En sou ons dan die klip kon tap
Sou ons eendag helder weet
Van die klip, van die bloed
Van die sweet, van die bid
Van die goed, van die weet....
En ons tap voort
En ons pleeg moord
En ons weet
Klip moet sweet
Maar die klip lê doodstil
En die klip bly tjoepstil
Want hy weet, want hy weet
Nou maal die warm magma
Uit die donker aarde uit
En stu die strome lawa
Soos die rots skeur en ontsluit
kruipend klots, die warm rots
Daar's niks op hierdie aarde
Wat klip en vuur kan stuit
Die delwers grou hul gate
Om soos molle daar te kruip
En strompel onder rotse
Brand en bloei vir hulle buit
Die vuur brand wit, diep in die klip
Niks op hierdie aarde
Sal klip en vuur ooit stuit
|
Jou kombers
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock
Partykeer word ek wakker in die middel van die nag
En verjaag die duisend spoke wat om my bed staan en lag
Daar's gesigte in die skaduwees wat spook teen die plafon
Gesigte wat my vaskeer in die bodem van 'n drom
En ek draai my oë weg van die spieël
'n Vreesbevange imbesiel:
In die klere oor die stoel, in die donker by die deur
Staan 'n onbekende man, en sy gesig is toegesmeer
In die flits van elke weerlig, in die slag van elke straal
In die swiep van elke lem klink 'n onbekende stem
En ek draai my oë weg van die spieël
'n Vreesbevange imbesiel:
Jy kan sê wat jy wil, jy kan doen wat jy wil
Wanneer raak die stemme stil
En ek rol my toe in die voue
Van jou liefde se laslapdonskombers
En ek rol my toe teen die koue vlam
Van die oë in elke lappie van jou kombers, jou kombers
Brandende oë in bleekwit gesigte in
Elke fokken lappie in jou kombers
Liefdevolle lappies vol liefde vasgenaai,
Klewerig en taai in jou kombers
Daar's 'n man vir elke lappie, en elkeen vat 'n happie
Van die kak ou grappie in jou kombers, jou kombers
In die klere oor die stoel, in die donker by die deur
Staan 'n onbekende man, en sy gesig is toegesmeer
In die flits van elke weerlig, in die slag van elke straal
In die swiep van elke lem klink 'n onbekende stem
En ek draai my oë weg van die spieël
'n Vreesbevange imbesiel:
Wat doen jy om die lappies uit jou lewe uit te kry
Wat doen jy as die koue soos 'n vuur in jou gedy
Dit brand hier binne in my, ek's verlore teen die vuur
Ek stamp my kop in dodelike reëlmaat teen die muur
En ek draai my oë weg van die spieël
'n Vreesbevange imbesiel:
Dis 'n ongewone liefde as die liefde jou verteer
En die snykant van die woede is 'n sinnelose seer
En ek rol my toe in die voue
Van jou liefde se laslapdonskombers
En ek rol my toe teen die koue vlam
Van die oë in elke lappie van jou kombers, jou kombers
|
Back to Top |
Skepe in die nag (Deel 2)
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
Waarvoor is ek bang
Waarvoor is ek bang
Dis 'n fyn, fyn draad
Wat die liefde soms aan hang
Weerlose woorde
Gevlek tot op die been
Nou word alles helder
Meteens is ons alleen
Bakens in die nag
Skepe sonder vlag
Hoor jy my
Hoor jy my
Vaar ons bymekaar verby
Nou het ek jou gekry
Sal die liefde by ons bly
Bly by my
Bly by my
Stil die storms, stil
Soms as ek jou sien
Probeer ek aan jou raak
Maar my hand hang halfpad stil
As die woorde my verlaat
Hoeveel keer probeer
Hoeveel keer verloor
Liefde in 'n spieël
Is liefde sonder spoor
|
Hartlam
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock
Kom bly hier in my hart, lam
Kom in en maak jou tuis
Daar's soetwyn op my tafel
Kos in my kombuis
Kom bly hier in my hart, lam
Kom in en maak jou tuis
Daar's 'n kussing vir jou kop
En 'n hangkas vir jou beste rok
Kom bly hier in my hart, lam
Kom in en maak jou tuis
Kyk, ek breek 'n brood vir jou
Skink jou glas vol, sou jy wou
Geen toemaar vir geen donker man
In hierdie kamer, daardie gang
Geen jammer en geen argument
In hierdie huis is als bekend
Geen harde woord, geen stil verwyt
Skop gerus jou skoene uit
Kom bly hier in my hart, lam
Kom in en maak jou tuis
Kom gee vir my jou tasse
Dis die einde van jou reis
Kom bly hier in my hart, lam
Kom in en maak jou tuis
Kom laat ek jou voete vryf
Die verste pad se stap verdryf
Kom bly hier in my hart, lam
Kom in en maak jou tuis
Kom laat ek jou oë kus
Kom in, en kom tot rus.
Geen toemaar vir geen donker man
In hierdie kamer, daardie gang
Geen jammer en geen argument
In hierdie huis is als bekend
Geen harde woord, geen stil verwyt
Skop gerus jou skoene uit
|
Kom Duzi met my baby
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock
Kom duzi met my baby, ruk en rol
Die sjebeen is oop tot dagbreek, komaan, jol
Khuluma met my baby, kom ons praat
Laat ons vatkry aan mekaar, komaan dans in die straat
Woza, Woza, Woza, Woza, sê vir my ja
Woza, Woza, Woza, Woza, as ek jou vra
Woza, Woza, Woza, Woza sê vir my ja
Mamma, Baba, Buti, Sisi - Woza My Bra, woza my bra
Kom duzi met my baby, woza! kom ons fuif
Die sjebeen is oop tot dagbreek, woza! vat aan my lyf
Khuluma met my baby, woza! hoe sê jy nou
Laat ons vatkry aan mekaar, woza! ek laaik van jou
Woza, woza, woza, woza, sê vir my ja
Woza, woza, woza, woza, as ek jou vra
Woza, woza, woza, woza, sê vir my ja
Mamma, baba, buti, sisi - Woza my bra
Kom duzi met my baby, woza! kom laat ons jive
Die sjebeen is oop tot dagbreek, woza! tot half past five
Khuluma met my baby, woza! gryp my gou
Laat ons vatkry aan mekaar, woza! ek hou van jou
Woza, woza, woza, woza, sê vir my ja
Woza, woza, woza, woza as ek jou vra
Woza, woza, woza, woza sê vir my ja
Mamma, baba, buti, sisi - Woza my bra, woza my bra
Kom duzi met my baby, woza! utshwala tyd
Die sjebeen is oop tot dagbreek, woza! skokiaan byt
Khuluma met my baby, woza! praat in my oor
Laat ons vat aan mekaar, woza! laat ons toor
Woza, woza, woza, woza, sê vir my ja
Woza, woza, woza, woza, as ek jou vra
Woza, woza, woza, woza, sê vir my ja
Mamma, baba, buti, sisi - Woza my bra
Mamma, baba, buti, sisi - Woza my bra
Mamma, baba, buti, sisi - Woza my bra
Woza!
|
Stukkend
Woorde en musiek: Lochner de Kock en Richard van der Westhuizen
Dis skemer Sondagmiddag, en die blues byt aan my keel
Dis skemer Sondagmiddag, min of meer bly niks meer heel
Die donker is 'n weggooibrak wat aan my hart se deur bly krap
Die donker wat verbete stap en spore oor my hart bly trap
O, ek verlang, ek verlang my stukkend
'n Naamloos klein geluk glip deur my vingers
Ek wil riviere vas kan vat, die see se dreuning teen my hou
Elke woord van jou onthou
Maar alles bly so blou, Alles bly so rou
Dis skemer Sondagmiddag, en die blues byt aan my keel
Dis skemer Sondagmiddag, nog 'n week is klaar verbeel
Die son is weg, die nag neem oor, die donker raak 'n ou kombers
Ek druk my kop diep in die nag, sal stories ooit hul sin verloor
O, ek verlang, ek verlang my stukkend
'n Naamloos klein geluk glip deur my vingers
Ek wil riviere vas kan vat, die see se dreuning teen my hou
Elke woord van jou onthou
Maar alles bly so blou, Alles bly so rou
Dis skemer Sondagmiddag, en die blues byt aan my keel
Ek probeer jou hande vasgryp met die sekelmaan se geel
Die honde wat daar verlangs blaf is 'n lang vergete brief
Hulle skryf hul waansin deur die nag, hulle blaf:"Ek het jou lief"
O, ek verlang, ek verlang my stukkend
'n Naamloos klein geluk glip deur my vingers
Ek wil riviere vas kan vat, die see se dreuning teen my hou
Elke woord van jou onthou
Maar alles bly so blou, Alles bly so rou
|
Back to Top |
Bêre daai ding
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock
Sy trek my plat, sy tel my op
Dis sy wat my bene so styf laat skop
Sy maak my bang
Sy maak my lam
My kopvel kriewel en my tone jeuk
Ek hyg na asem en my palms sweet
Sy maak my lam
Sy blaas my op, sy blaas my af
Sy laat die Parktown prawns teen my rug af draf
Sy maak my bang
Sy maak my lam
Ek skommel en ek skud soos 'n jellievis
Gee my medisyne teen die wilde lus
Sy maak my lam
Bêre bêre bêre bêre bêre daai ding
Diep binne-in in 'n suitcase in
Trap versigtig, hei go slow
Sy's my stukkie, sy's my vrou!
Sy sluk my in, sy spoeg my uit
Sy laat my ore soos 'n telefoon tuit
Sy maak my bang
Sy maak my lam
Ek fluit deur die drade soos 'n telegram
Ek hoes en ek poep soos 'n boerbokram
Sy maak my lam
Sy draai my oop, sy maak my toe
Sy laat die water na brandewyn proe
Sy maak my bang
Sy maak my lam
Sy check my uit en sy check my in
Sy sê: "Hallo baby, dis maar net die begin!"
Sy maak my lam!
|
Ek hou van 'n man
Woorde en musiek: Lochner de Kock en Richard van der Westhuizen
Ek hou van 'n man wat sy man kan staan
Wat sy drank kan vat en sy vrou kan slaan
'n Man met 'n oog wat 'n bars kan kyk
Wat na sweet, tabak en horing ruik
'n Man is nie 'n klip nie
'n Man mag nooit opslip nie
'n Man moet rook en hard kan suip
'n Vrou oorwin op die eerste date
Ek hou van 'n man wat sê wat hy moet
'n Man wat nie skrik vir oorlog en bloed
'n Man wat nie wyk, wat hou van geweld
'n Man wat sukses kan koop met geld
'n Man is nie 'n klip nie
'n Man mag nooit opslip nie
'n Man moet rook en hard kan suip
'n Vrou oorwin op die eerste date
Ek hou van 'n man wat raak kan skiet
Wat baas kan speel op my gebied
Wat 'n moffie kan neuk met 'n harde vuis
Kommuniste verjaag uit sy Christenhuis
'n Man is nie 'n klip nie
'n Man mag nooit opslip nie
'n Man moet rook en hard kan suip
'n Man oorwin op die eerste date
Ek hou van 'n man wat lekker kan vry
Met 'n harde baard wat in my wange sny
'n Man wat nooit in badolie bad
Met harde hande wat my vas kan vat
Ons hou van 'n man wat stink na sweet
Wat als van politiek en godsdiens weet
'n Man wat selfs nie die duiwel vrees
En 'n leier vir sy volk kan wees
|
'n Lied vir die nuwe jong Suid-Afrika
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock
Op die plaas Kafferkraal langs die Kafferrivier
In die skadu van 'n rooi Kafferboom
Sit Mara Terre'Blanche op 'n wit stinkhoutstomp
Van 'n ridder op 'n wit perd en droom
Sy kyk na die kafferkoring geil op die land
En die ryp wit aarde wat haar so behaag
En soos die pap in die kafferpot wat prut bo die vuur
Broei die piepkleine baba wat groei in haar maag
Sy pa was 'n kaffer, sy ma 'n boerin
En hy, kleine dingetjie, is in sy moer in
Hy sit sonder pappa, sonder kerk, sonder naam
Hy't net sy twee voete waarop hy kan staan
Op die plaas Kafferkraal langs die Kafferrivier
Met haar hare in 'n vlegsel gebind
Sit Mara Terre'Blanche, dogter van die volk
Sit sy en sing vir haar ongebore kind
"Jou bloed dra die gene van Dingaan en Retief
"Jou naelstring gekloof deur asgaai en geweer
"Sal jy soos ons voorvaders moor en bedrieg
"Of is jy, my klein baster, ons laaste verweer.."
"Jou pa was 'n kaffer, jou ma 'n boerin
"En jy, kleine dingetjie, is in jou moer in
"Tussen kaffer en boer is jou doppie geklink
"Mag jy geseênd wees met 'n houtkop wat kliphard kan dink".
|
As jy my vra
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock
As jy my vra-a-a-a
Of ek van jou hou-ou-ou-ou
Dan check ek jou-ou-ou-ou
My liewe vrou-ou-ou-ou
En ek lag in my kies
Voor ek my vervies
Is jy nou deurmekaar
Of het die jare jou laat bedaar
Onthou jy nog in standerd sewe
Of het jy vergeet van ons liefdeslewe
Van briefies aanstuur van bank tot bank
Of skelm vat aan mekaar se hand
Of het jy vergeet van daai koue angssweet
As jou maats jou skeefkyk oor jou nuwe date
En jy koelkop snork en 'n sigaret opsteek
Want niemand mag van ons liefde weet
As jy my vra-a-a-a
Of ek van jou hou-ou-ou-ou
Dan check ek jou-ou-ou-ou
My liewe vrou-ou-ou-ou
En ek lag in my kies
Voor ek my vervies
Is jy nou deurmekaar
Of het die jare jou laat bedaar
En luister net 'n bietjie na die nuutste Elvis liedjie
Wat jou toppie malmaak en jou ou tannie laat kraak
En al sy bewerasies, generasies se purgasies
As die onnies almal lyk soos Pat Boone variasies
En natuurlik is daar ook 'n hele klomp wat rook
Om kasueel koel te wees, maar bly pieringoog bevrees
Want om skoolprefek te wees, gemanierd en kwaai bedees
is geen geringe prestasie vir die nuwe generasie!
|
Back to Top |
Die brylcream breker
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock
Ek sê hou op met kyf, kom vat aan my lyf
My hare is ge-olie en my snaar is styf
My sussie dra maskara, en my boetie's in die tronk
My mamma tease haar hare, en my toppie's heeldag dronk
Ek sê, check my net skeef, vat 'n duck, beware
Loop speel met jou antie, jy's ma only square
Ek is die brylcream breker van Blikkiestown
My two tone skoene is ge-white en ge-brown
Ek is die brylcream breker van Blikkiestown
En as jy my nie skrik sal ek jou diktik
Ek sê jy scheme jy's cool, maar ek is nobody's fool
Jy's cool soos 'n oven, jy weet niks van true lovin'
Jy't 'n lekker cheek om my sheila uit te check
Ek pos jou comatose in die clinic vir 'n week
Ek sê jy's chicken my ou, ek sal jou dubbel vou
Ek sal jou rol my gabba lat jy ruik na rubber
Ek is die brylcream breker van Blikkiestown
My two tone skoene is ge-white en ge-brown
Ek is die brylcream breker van Blikkiestown
En as jy my nie skrik sal ek jou diktik
Ek dra 'n ketting om my nek, en my Harley is ge-chrome
Die rock en roll circuit is my one and only home
Ek sê jy scheme jy kan drink, maar jy maak 'n fout
My moedersmelk was 'n straight cane en coke
En die moegoes worry, hulle cherries soek my body
Maar al wat ek skrik is ......Mister Nobody!
Ek is die brylcream breker van Blikkiestown
My two tone skoene is ge-white en ge-brown
Ek is die brylcream breker van Blikkiestown
En as jy my nie skrik sal ek jou diktik
|
Die swart, rooi en grys
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock
Hei broer, Johnny Mes lê en bloei in die straat
Sy eie mes in sy bors, dis so by so al te laat
Die pimps en die hoere staan eenkant en kyk
Maar broer, Johnny Mes is maar net nog 'n lyk
Daar's besigheid in Bloedstraat, die manne gaan score
Die dope gaan vir wholesale, en die boys sê daar's more
Hulle't Bheki Khumalo gisteraand opgetel
Verstik in sy kots, met die naald nog in sy vel
Die alleys en die backstreets is 'n jungle, my bra
Jy leef op die snykant van die mes wat jy dra
Elke dag het sy dooies, elke man het sy prys
Gyselaars almal van die swart, rooi en grys
Hei broer, ek en jy is take-away kos
Blink aan die bokant, maar binne gemors
En die pis en beton, en die bloed en die teer
Is die sous waarmee ons ons siele besmeer
Ek is honger, my broer, en my body is koud
My bene is moeg, ek's 'n honderd jaar oud
Die bloed in my are is suur soos ou wyn
My hart is soos yster, vol roes en vol pyn
Die alleys en die backstreets is 'n jungle, my bra
Jy leef op die snykant van die mes wat jy dra
Elke dag het sy dooies, elke man het sy prys
Gyselaars almal van die swart, rooi en grys
Die tyd het gedros, die nagte is oud
Die duiwel is los en die lug proe na sout
Jou lyf hang slap, my broer jy is swaar
As ek jou net kon optel
Sou ek jou optel en self hier uitdra....
|
Wintersprokie
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
'n Winter herhaal hom
na ses, sewe jaar
'n Wysie wat spook
op 'n stokoue snaar
Jy probeer dit verduidelik
probeer dit besweer
en jy dink jy verstaan dit:
Wel, die dinge gebeur
Die wind van die berg af
laat die dakplate kreun
Vieruur in die môre
in die triestige reën
So maak ons liefde
so leef ons weer
en dan neem ons afskeid
tot die volgende keer
Dai da da da dai...
Ek wens ek was by jou
daar waar jy nou bly
Maar nou ja, jy's so ver
en die tyd vlieg verby
Vertel my van liefde
ek leer soos 'n kind
want my hart is deur die jare
se kalklig verblind
Dai da da da dai........
Soms so onseker
soms selfvoldaan
Liefde weet beter
die hart sal verstaan
|
Afrika
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock
Daar's soveel mense wat my vra
Wie se naam ek eintlik dra
Wie was my ma, wie was my pa
En hoe voel ek oor Afrika
Daar's soveel mense wat bly krap
Wat dink die lewe is 'n grap
'n Mallemeule ossewa
Wat reis deur Afrika
Afrika is in my bloed
Afrika, ek hoor jou roep
Afrika, jou gras is soet
Daar's soveel mense wat nie weet
Of hul bloot blindstaar teen die leed
Van soveel ander om hul heen
Wat leef sonder genadereën
Daar's soveel mense wat bly hoop
Al het die uurglas leeggeloop
Die weegskaal wik, die weegskaal weeg
Uiteindelik raak alles leeg
Afrika is in my bloed
Afrika, ek hoor jou roep
Afrika, jou gras is soet
Daar's soveel mense wat bly soek
Soveel stemme wat bly roep
Soveel vrae in die lug
Soveel is ontwrig
Daar's soveel lewens op die spel
Skaakmat is jou kleur van vel
Die winterwinde kom en gaan
Maar Afrika, Afrika gaan aan...
Afrika is in my bloed
Afrika, ek hoor jou roep X3
Afrika, jou gras is soet
|
Dooierus |
Onderture |
|
Back to Top |
Ballade vir 'n Enkeling 2 - 1993
|
Back to Top |
Tussen Treine - 1991
Tussen treine | En Daar's die see | Fanie en Jabulani | Ballade vir 'n enkeling |
Bedelaar | Die kinders van Afrika | Rivierklip | Anthem
Liefliedjie | Prinses Van Harte |
Tussen treine
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
Ek wonder wat van jou geword het
Jy wat nog so by my spook
Ek weet net ons het die vuur gemaak
Die wêreld aan die brand gestook
Nou is die nagte soveel stiller
Die dae eis hul eie tol
Maar ons twee was die wilde wind se blare
Ons kaartjies lê die hele wêreld vol
Tussen treine, tussen stasies
Lê daar basies net die leë spore
Tussen treine, tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore
Nou vra ek waar het alles begin
Die ding van los wees voor die wind
Onthou jy ook die rook, die yster
Die lig wat in die verte blink
Dan dink ek terug aan soveel dae
Soveel stawe op die spoor
Ja daar was voorheen 'n tyd van treine
Waar en wanneer het ons dit verloor?
Tussen treine, tussen stasies
Lê daar basies net die leë spore
Tussen treine, tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore
Elke keer was dit 'n afskeid
Elke keer weer 'n begin
'n Honderd haltes langs die spoor
Elke stasie het sy eie skim
Miskien het ek verleer om te kyk
Jy bepaal jou eie baan
Soms sien ek die skadu van jou spieëlbeeld
As spieëls verbrokkel voor die maan
|
En Daar's die see
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
Dis soos 'n lied van die ou druïdekore
Die branders op die strande
Eindelose suising om ons ore
En daar's die see
Deur al die jare onveranderd
Deur al die jare slegs die see
Deur jou storms en jou stiltes dreun en fluister
Legendes en ballades
Uit die dieptes ver en duister
Stem van die see
Deur al die jare onveranderd
Deur al die jare slegs die see
Nou is die son en die sand weer op ons lywe
Die sonlig se strepies om ons oë
Ons is weer taai in die gesig
Daar is 'n soutsmaak in die lug
Die branders kom en gaan
Die windjie waai, die skuite drywe
Die roep van die walvis in die water
Klink veraf in die deining
Maar die rus die kom vroeër of later
Diep uit die see
Deur al die jare onveranderd
Deur al die jare slegs die see
Eens was ons saam met die seewind in ons hare
Die seewind oor die strande
Maar die branders breek nou oor die spore
Nog net die see
Deur al die jare onveranderd
Deur al die jare slegs die see
Was ons drome en ons drifte dan 'n sonde
Was ons liefde dan oplaas maar tog gebonde
Die wind is taai in my gesig
Jy met jou sproete op jou rug
Die branders kom en gaan
En ons gaan lê, en lek ons wonde
|
Ballade vir 'n enkeling
Woorde en Musiek: Richard van der Westhuizen
Vreemde nag
Skarlaken nag
Koerantpapiere, baksteenmure
Neon nag
Sirenes onder 'n donker maan
Nag na nag
Mens na mens
Donker nagte, onverwagte
Skadufigure
En elkeen is uiteindelik
Enkeling, vreemdeling, verstoteling
Rug gedraai op die ligtekring
Agterstevoor, onderstebo,
Vreemdeling, enkeling alleen
Agterstevoor, onderstebo,
Vreemdeling, enkeling alleen
Dag na dag
Straat na straat
Kaart na kaart
Mens na mens
Nag na nag
Dans na dans is elkeen
'n Enkeling
|
Fanie en Jabulani
Woorde:Lochner de Kock
Musiek: Lochner de Kock en Richard van der Westhuizen
Fanie en Jabulani was saam, maar ook nie saam nie
Kleintyd heeldag saam gespeel, die suiderson gedeel
Fanie en Jabulani leer loop, maar ook nie saam nie
Grootwordtyd se paadjies het skielik nie meer naam nie
Die paaie kruis, loop dood, verdwyn
In die slaggat van die tyd
Vriendskap verdwaal, verloor die spoor
In die klitsgras van verwyt
Fanie en Jabulani verstaan, maar nie mekaar nie
Die nuwe tyd het ingehaal, die suiderson word vaal
Fanie en Jabulani leer haat, maar dit maak nie saak nie
Grootwordtyd het nou geraak, kleintyd is geskaak
Die paaie kruis, loop dood, verdwyn
In die slaggat van die tyd
Vriendskap verdwaal, verloor die spoor
In die klitsgras van verwyt
Fanie en Jabulani stry die stryd, maar nie tesaam nie
Die tyd is uitgestippel, die suiderson gevlek
Fanie en Jabulani leer sterf op haat se donker werf
Grootwordtyd is doodwordtyd, kom kinders, dis slaaptyd
|
Bedelaar
Woorde en musiek: Richard van der Westhuizen
Ons liefde is beleë
In die kelders van die hart
Rooi en ryp en rustig
Al was die oesjaar so verward
Ek drink vanaand sjampanje
Ek dink vlugtig aan jou
En klink die glase halsoorkop
Dit was die laaste sien van jou
En soms nog staan ek by jou venster
Weereens die stille troebadoer
En stort my waansin en my drifte
Waar saans die wintertakke roer
Wie, wie dra jou deur die donker
En maak die dieper stilte sag
En lê jou neer op mos en varing
Tussen sterre vir die nag
Nou ja dankie vir jou drome
Futiele drome in die wind
En ek die ydele bedelaar
Wat daarop trap, en als verslind
|
Rivierklip
Woorde: Lochner de Kock
Musiek: Richard van der Westhuizen
Telkemale soek jy na
Iemand om jou pyn te dra
Maar meermaal gryp jy na
My leë palms ongevra
In die nag van swart vergetelheid
Sink ek, rivierklip van die tyd
Daal en draai om weg te sink
Na waar jou pyn my nooit kan vind
Meer as dikwels is dit ek
Wat weer jou hart se wond moet lek
En telkens hou ek my rug weer breed
Om berge van jou pyn te meet
Maar in die dag se skerp herken
Brand ek, verskroeid, verkoold, verseng
Kruip ek weg, totaal verblind
Ontbloot, en wondbaar soos 'n kind
Min of meer vra ek jou
Wat dan van my klein berou
Het ek al my kaarte oopgegooi
Was ek nie nou jou hart se prooi
Nou sak die skemer van magt'loosheid
Dryf jy verder weg, verlede tyd
Het ingehaal, die nag is koud
Ontbloot, tot eensaamheid verhaal
|
Back to Top |
Die kinders van Afrika
Woorde en Musiek: Lochner de Kock
Die kinders van Afrika sit langs die vuur
Krap in die louwarm as
Verhale en mites vervlieg in die nag
Die toekoms is 'n storie uit pas
Die jare het hul in die stampblok gemaal
Met wette geskaaf en geskaal
Hul gisters het hul in die nanag verlaat
Verblind, afgesonder, gehaat
Maar die kinders van Afrika stook nou die vuur
Blaas op die rooiwarm as
Verhale en mites herrys uit die nag
Legendes word weer aangepas
En die jare val weg soos 'n ou droë blaar
Vergete, ontwapen, ontaar
Die dae herrys as die nanag breek
Soos 'n phoenix wat alles wil weet
En die kinders van Afrika loop deur die land
Met fakkels wat die duister laat vlug
Skadu's verhelder, verdwyn in die brand
En die duister maak plek vir die lig
En die nuwe dag breek met 'n vrugwater vloed
Helder en warm, vol bloed
Met geboorte van kennis word die duister verdryf
En met die stem van 'n kind wat uitroep
Kom kinders van Afrika, kom saam met ons
Kom laat ons die ligdag begroet
Vergeet van die duister se ketting en slot
Kom laat ons mekaar nou ontmoet
n'Kosi Sikelel' iAfrika
|
Anthem
Woorde en Musiek; Richard van der Westhuizen
Dis skemer oor ons land
Die vreemde gloed van 'n verre brand
Hang oor die newels van die rookmis en reën
Die kranse staan as skildwag
Voor die donker drom se hoonlag
Waar die slanggif in die koue aarde pols
Oor die witkant, oor die swartkant
Oor die skaakbord van die hartland
Kruip die groot kanonne al hoe nader
Ongehoord en ongesiene
In die drup-drup van morfiene
Loop die uurglas nou algaande leeg
Maar iewers is daar vrede
En 'n beter dag, en 'n nuwe hede
Iewers is daar vrede
En die weerklank van 'n suiwer rede
Iewers is daar vrede, wie weet waar?
Mag die gode ons bewaar
Mag die gode ons bewaar
Mag die gode ons almal bewaar
Waarheen daal die donker maan
Wat sal op sy sekel staan
Die land lê vol en ryp in vrug en blom
Voor die silwer, voor die rooi
Voor die mespunt en die prooi
Slaan die staalblou weerlig op die valbyl se lem
Nou weerklink die horinggeskal
En iewers moet die dolos val
In die droë stof wat oor die aarde lê
Oor die erwe van ons vaad're
Woed die wilde en makab're
Klink die somber klaaglied van die naderende dood
|
Liefliedjie
Woorde en musiek: Lochner de Kock
Met jou wil ek altyd elke oomblik deel
Met jou sal die lewe my nooit kan verveel
Met jou wil ek op 'n mallemeule ry
Met jou wil ek in die maanskyn vry
Vir jou wil ek arms vol sonneblomme pluk
Vir jou wil ek my kitaarsnare ruk
Vir jou wil ek rooiwang appelbome plant
Vir jou wil ek 'n duisend bidkerse brand
Jy's my somerhuis se rankroosbos
My herfsgety se rooibruin blos
My wintertyd se boontjiesop
My lentebruid, my bloeiselpop
Vir jou wil ek 'n rooi kersieboord aanplant
Vir jou wil ek handevol soet wierook brand
Ek wil vir jou 'n lied van geilgrond sing
Ek wil vir jou 'n mandjie vol blomme bring
Want jy laat my voel soos 'n koningskind
Jy laat my sing soos 'n somerwind
Jy laat my lag soos 'n sirkusnar
Jy maak my kop skoon deurmekaar
Jy's my somerhuis se rankroosbos
My herfsgety se rooibruin blos
My wintertyd se boontjiesop
My lentebruid, my bloeiselpop
|
Prinses Van Harte
Woorde: Lochner de Kock en Richard van der Westhuizen
Musiek: Richard van der Westhuizen
Jaarliks hier teen nuwejaar, as die proppe skiet en die klokke lui
Keer my kop na jou terug, en ek wonder, dink jy nou aan my
Al is dit net 'n dag of twee, of hoogstens dalk 'n uur
Moet jy, soos ek, die snykant van herinnering verduur?
Om in die nuwejaar maar weer myself in spieëls te vind
'n Masker, leeg en onbekend, sjampanje, plat en leeggedrink
Driehonderd vier en sestig dae leef ek by jou verby
Maar op die laaste dag verkrummel ek, voor ek myself kan kry
Maar as jy my kon sien, my skat,
as jy my nou kon sien
Ek is allright, ek is in beheer,
intussen soveel tricks geleer
Jou houvas het ek hokgeslaan
Ek weet presies nou waar ek staan
Prinses van harte speel jou hand
Gooi oop jou kaarte, ek's bestand
Maand'liks hier teen nuwemaan as die nag weereens te donker raak
Soek ek blindweg na jou lig: Maak dit enigsins nog saak
Net 'n brief of twee, of dalk 'n telegram
Laat weet my, skerp die snykant van my nagte se verlang
Wanneer my wekker klokslag, skokslag op my skel
My droom versplinter, my terugruk na die nuwe dag se hel
Wonder ek verward hoe sal ek jou vermy
Of dalk my oë toeknyp voor herinnering my kry
Jy't my bloed so mal laat klop
my orde wild omvergegooi
My my hare los laat hang
My my lewe voor die wind laat strooi
|
Back to Top |
|
|
|