|
Lynnie Hallo vreemdeling, Onthou jy nog die Botaniese Teetuin??
signed on 2006-06-13
Deon Die engelliedjie was ontsettend mooi. Wens my woorde was meer of beter. Het daarom na die woorde en drukke kom soek. Baie dankie vir jou musiek. En jou woorde waarmee ek myself beter kan uitdruk! Sterkte vir alles wat voorlê! Groetnis!
signed on 2006-06-12
Madeleine de Beer
Hey. Ek het nie geweet JY sing voshaarnooi en tussen treine nie. ....... Lekkkkka aan die slaap..... unconcious........ nou kan ek 'n gesig by die liedjie sit. Ek het op die website gegaan om die woorde en gitaar musiek te probeer kry..... maar neeeeeee, niks nie. Sal nou weer verder gaan soek. As jy weer in Oudshoorn optree gaan ek vir my en my seun defnitief kaartjies vir jou show koop. Doet so voort..... is mal oor jou musiek. Madeleine
signed on 2006-06-01
Liezle van der Westhuizen Ek is mal oor jou musiek! My dogtertjie van 4 ook, veral Dorsland is haar gunsteling! Sy ken dit woordeliks!
signed on 2006-05-30
Katrien en Thian
Katrien en Thian
Katrien en Thian hallo Richard!ons wil net dankie se vir jou musiek!!ons het jou 2jaar terug ontmoet by die kknk, toe weer in ermelo en in bloem...ons woon nou permanent in australie, en luister met soveel vreugde na jou musiek! ons het die nuwe cd pas ontvang vir verjaarsdag, en WOW...dit is fantasties! dankie! dankie, dankie...xxthian en katrien barnard, port macquarie, nsw, australie
signed on 2006-05-21
Pierre van Niekerk Richard baie dankie wat jy vir Afrikaanse musiek doen. Ek het al vele kere gewonder hoe jy, Lochner en Lukas Maree kan "match". het jy al gewonder Pierre
signed on 2006-05-17
Marthie Cilliers Dit is n wonderlike erfaring,wat die Liewe Vader aan u geskenk het.U het gebruik gemaak van die talentte wat u ontvang het.Sterkte wens ek u toe vorentoe op u loopbaan,Maak dit altyd jou harsbegeerte groette.
signed on 2006-04-19
Althea
Hi Richard, Ek het Dorland en songs uit my binnesak toe bestel soos jy my aangeraai het by kalahari en ek sal dit more ontvang. Jy het nie 'n idee hoe opgewonde is ek nie!!! Kan julle my asb in kennis stel van 'n volgende optrede? Kan jy nie dalk na die Boma kom in Alberton Johannesburg nie? Liefde Groete Althea
signed on 2006-04-10
chrismare hallo richard (dis nou as jy die epos persoonlik lees) ek studeer drama aan die universiteit van stellenboch en ons begin volgende kwartaal met dramas. ek is dus opsoek na paul, c venter, want ek wil 'n tonneel uit pot vol winter doen en hy was die draaiboekskrywer, dus kan ek nêrens sy kontak besonderhede kry nie. ek hoop dat jy my sal kan help, aangesien julle in die verlede saam gewerk het. indien jy my kan help sal ek dit regtig baie waardeer. groete chrismare
signed on 2006-03-30
Althea Geere Hi Richard, My naam is Althea en ek is absuluut MAL oor jou werk. Ek het jou optrede gesien op dstv en van daaraf vertel ek almal. Ek hou nie juis so baie van afrikaanse musiek nie, maar is mal oor al jou liedjies. Kan jy my dalk se waar ek AL jou cd's kan kry. Ek is woonagtig in Alberton. EK sal graag ook na jou optredes wil gaan. As jul my dalk kan inlig waar en wanneer asseblief! Groete Grootste Fan ooit!!!! Althea
signed on 2006-03-30
Attie Wagner Richard, Ek's 'n jong laaitie wat groot geword het om saam met my ouers elke keer as Ballade Verenkeling op gekom het saam te kyk. Ek het groot geword en lief gebly vir die liedjie wat jy sing in die storie. Ek't glad nie geweet di's jy wat die liedjie gesing het nie. Ek't die persoon se naam geken wie hom gesing het tot ek op die internet kom soek het en gesien het di's jy! Ek wil net vir jou sê, ek hou baie van jou flieks en ek hoop om jou nog baie op tv te sien! Geniet jou dag verder Groete, Attie
signed on 2006-03-25
Jayci
Baie dankie vir wonderlike liedjies ... Ek hoop ons hoor baie meer in 2006
signed on 2006-03-08
Lientjie Hi. nooit gedink dat ek ooit met jou sou kon praat(e-mail!) nie. ek het groot geword met jou musiek, spesefiek 'Ballade vir 'n enkeling', ek was maar altyd 'n enkeling. wat my van jou geinspereer het is die feit dat jy dieper in die lewe kyk en met woorde dinge kan beskryf wat te diep in mens se hart le om aan uiting te gee, ek wonder altyd, sien jy die lewe anders, soos ek hom soms sien, of is jy net 'n goeie digter wat op 'n merkwaardige wyse met woorde kan toor? ek glo jou hart is in jou songs, ek kan dit hoor en my hart kan dit voel. dankie dat jy in jou songs uiting gee aan emosies en meer, dat ander wat dieselfde hart het, maar nie altyd die woorde nie, kan weet ons is nie alleen nie. mag Christus jou seen. (lientjie)
signed on 2006-02-18
GERDA Hallo daar, sommer net lus om bietjie rond te krap toe kom ek op jou webwerf af. Ek is mal oor jou sang en akteur loopbaan. Ons is lief om Afrikaanse rolprente te kyk asook sepies. Ons het Hart van Staal baie geniet en hoop daar gaan 'n opvolg wees. Ek wil jou net voorspoed toewens met jou loopbaan en wat jy ook al in stoor het vir hierdie jaar mag dit net so sukses wees soos die verlede.
signed on 2006-02-09
Ansurette Lourens Hey Rich! Surf bietjie hier oppi web by my pa se werk. NICE WEBSITE! En hey...baie baie nice foto's!!! U R DA MAN...AND DA VOICE! Goed gan! C U Soon! signed on 2006-01-10
Erika Keizer Ek is mal oor jou stem, en jou Engelliedjie. Sterkte met alles voorentoe. Geseende kersfees en `n lekker nuwe jaar. signed on 2005-12-09
Bez Bezuidenhout Hi, Baie dankie vir Songs uit jou binnesak,,ons kon hom uiteindelik in die hanne kry. Doet so voort. Warm groete uit die Kalahari, Bez en Alma.
signed on 2005-11-28
Annemarie Franzen Liewe Richard, waar's die dae en jare heen? Van liedjies in die voorportaal van ons kommune in Windhoek sing tot laataand tot waar jy vandag is. Alles oorspronklik en so absoluut luisterbaar...en wat 'n voorreg dat ek jou kan ken! Songs uit my Binnesak is 'n heerlike CD en mag dit net lei tot nog meer kwaliteit - hoe gaan die gesegde, hoe ouer die wyn.... nouja, lyk my jy is ook maar 'n goeie (Brande)wyn...mag jy van krag tot krag gaan - hoop ons sien mekaar binnekort innie Kaap! Beste wense Landlady
signed on 2005-11-15
Marc Beste Richard, Sit ek nou lekker na "Insimbi" te luister op die internet hier in België. Baie nice website van jou en sommer goed om jou uitsonderlike stem te hoor. "Ballade" sal my altijd bybly: lekker ou Army Days toen! Ek self is hier besig in die theater en televisie (in Vlaams), maar dis altyd goed om Afrikaans te hoor. Mooi bly verder en veel sukses met alles wat jy doen. Groetjes. Marc www.marclensly.com
signed on 2005-11-04
Sanette Hi Richard, sal heeltemal onaanvaarbaar wees om nie my eiertjie hier uit Ermelo se kontrei te lê nie! Die Songs uit jou Binnesak is almal vir my "beeldskoon" en word verseker oor en oor geluister. Ook altyd jeeeeerlik om jou op die kassie te gewaar.... Groot groete
signed on 2005-10-31
Christelle Baie dankie vir BINNESAK, dis 'n absolute meesterstuk!!!! Persoonlik sal WINTERSPROKIE my altyd na aan die hart lê. Jy as akteur, maar veral jou musiek, het onmiskenbaar sy merk in die Afrikaanse bedryf gelaat. Almal ken TUSSEN TREINE en dit word luidkeels in massakoor by elke fees gesing. Heerlik heerlik! Kwaliteit musiek maak saak, doen asseblief so voort signed on 2005-10-06
Dawid Bestbier Beste Richard, Baie dankie vir al jou goeie luisterbare musiek in Afrikaans; en ook jou passie vir die taal!Het een van jou opvoerings van Songs uit my Binnesak bygewoon en ook vandag die CD verkry (na 'n lang gesoek uiteindelik via Kalahari)Dit is baie goed, net so geniet soos die Tussen Treine CD. Beste wense en groete. Dawid C Bestbier
signed on 2005-09-30
Gerhard Songs uit my Binnesak is 'n juweel en mylpaal vir Afrikaanse musiek! Richard, toonset asb ook die stukkie onder "Hierdie CD is vir..." ter gedagtenis aan jou pa, want selfs dit bewys dat jy 'n meester is...
signed on 2005-09-18
johann van jaarsveld beste Richard, dankie vir 'n great cd ou maat. hoop ons sien jou by aardklop. signed on 2005-09-11
Leoni Venter Hello Richter! Ek's mal oor jou nuwe cd, maar dis seker te verstane. Mis al ons kuiertjies, die tyd stap te vinning aan. Onthou jy nog vir Slef?
signed on 2005-09-09 PREV25 1 2 3 4 5 6 NEXT25
|
|