GASTEBOEK

Dankie dat u my webtuiste besoek het, laat gerus 'n boodskap!

Jou Naam: Jou e-pos adres:
(los asseblief jou regte e-pos adres vir my, anders kan ek nie aan jou terugskryf nie)
Jou Boodskap:

Hannelie
Hi Richard, baie geluk met jou verjaarsdag vandag (29/1) - hoop jy het 'n lekker jaar! AL jou musiek is great - ek was nog ALTYD 'n groot fan! Moet ASSEBLIEF nooit ophou musiek maak nie! Groete, Hannelie
signed on 2007-01-29

Sonja van Zyl
Tussen treine en al die musiek van Ballade vir 'n enkeling is deel van die legende van my lewe. Dankie daarvoor. Ek wil net graag weet of dit nie dalk moontlik is om daardie musiek van Ballade vir 'n Enkeling iewers in die hande te kry nie? Mag daar nog baie jare van ballades wees! Liefde, Sonja
signed on 2007-01-28

Gerhard Fourie
Ek trou die 01/07/2007, met die meisie van my drome...!!! Die ding is, op ons eerste amptelike date het ek vir haar 'n stukkie van tussen treine wat ek self op die kitaar gewerk gespeel, en is ook die eerste keer wat ek 'n song vir iemand gespeel het. Ek wil graag die liedjie op ons troudag vir haar speel en sing, en sal dit opreg waardeer as u my miskien kan help met die lirieke en drukke vir die liedjie. Die liedjie is immers ons gunsteling. Groette Gerhard Fourie
signed on 2007-01-17

Conrad Potgieter
Tussen treine is 'n bakgat song!! Ek en 'n pel van my gooi hom nogal! Die song mag dalk oud wees maar defnetief nie koud! Wat van 'n opvolg? Dalk verregaande maar tog iets om te oorweeg... Groetnis Conrad
signed on 2007-01-17

Pamela Msibi
Dit is 'n jammerte dat jy nie meer op 7de Laan is nie. Jy is 'n wonderlike akteur maar ek is darem getroos dat ek jou nou op kyknet kan sien. Hoop om meer van jou werk te sien in die toekoms. Sterkte met alles wat jy doen.
signed on 2006-12-05

Martie Ras
Hi Richard, Jy is 'n wonderlike akteur sowel as sanger. Ek geniet dit baie om na jou musiek te luister. Jy is fantasties. Jammer dat jy nou nie meer op tv is nie. Maar nou ja jy doen baie goed en hou so aan. Groete Martie
signed on 2006-11-08

Rialda
Dankie vir die ongelooflike "show" in Piet Retief Dinsdagaand! Jou CD is 'n wenner! Ek hoop om julle (jou, Lochner en Andrew) volgende jaar weer te sien by die reënboogfees! Groetnis
signed on 2006-11-02

Mia Nel
Ek hoop nie in 7elaan gaan jy dood wees nie.My juffrou noem my Paula want sy is mos blond en ek is ook blond.Daarom noem sy my Paula.Ek wonder hoe jy nou regtig lyk.Hoe oud is jy?
signed on 2006-10-24

Fons Dehouwer
Mooi die afrikaanse taal en jou website Richard. Kijk eens naar mijn http://slimshape.be en www://workinghome.be
signed on 2006-10-23

Annemarie, Strand
Hi Richard WAT 'n Fees was dit weer om julle gisteraand by Hoenderhok te kon sien en hoor! Soos altyd, 'n 'show' uit die boonste rakke, jou weergawe van Ballade bewys weer eens hoekom die liedjie 'n treffer sal bly, maar Engelliedjie is goed besig om dieselfde pad te volg! Bly julle het die Jerepigo geniet! Richard, mag dit met jou en jou gesin net goed gaan, alle voorspoed vir die Feesgety en 2007, dalk sien ek julle nog vir 'n koppie koffie in Jhb teen einde van die jaar, sal bel as ek daar is! Mooi bly, Landlady
signed on 2006-10-20

Ansurette + Marina van Durbs
Hey Rich! Ek sit nou lekker hier in Durban by die see en ek en Marina(die girl van Durban wie se musiekvideo ek gemaak het) check bietjie jou website uit! Ek het vir haar birthday 'n "Songs uit my binnesak" cd present gegee en sy LUV dit! Sy is ook mal oor Karen se song. Sy se dankie vir jou mooi musiek+woorde! Sy soek ook nog iemand om haar cd te final mix en master(ek dink ou Andrew is net die man vir die job!Gaan kyk of ons by hom dit kan doen.) Njoy die Kaap en mag elke show verskriklik lekker wees! BAIE liefde en groente, Ansurette + Marina
signed on 2006-10-08

THEO ADLAM
DANKIE VIR JOU BESOEK SAAM MET LOCHNER EN DIE ANDER,BY THEO'S RESTAURANT POTCHEFSTROOM,TYDENS AARDKLOP 2006,DIT IS VIR MY N PLESIER OM JULLE ELKE JAAR AS GASTE TE HE. GROETE THEO.
signed on 2006-10-03

Lizette
Liewe Richard Dis was sommer lekker toe ek op jou web-blad afkom en sien daar is van jou musiek wat ek weer na kon luister. Ek het dit vreeslik baie geniet en het my sommer laat terug verlang na my eie land en eg afrikaans. Ons woon al 4 jaar in Amerika en dit was baie lekker om na al jou nuwe treffes te luister . Dankie vir lekker luister musiek en mag ons Hemel se Vader jou seen op jou pad vorentoe Groete Lizette
signed on 2006-09-22

alta
Songs uit my binnesak is 'n ongelooflike CD. Ek luister dit oor en oor. Ek is mal oor jou stem en jy het 'n gawe om woorde en musiek een te laat word. Ek geniet die agtergrond musiek op die cd baie en is veral mal oor die vioolmusiek wat so dikwels opduik. Ek hoop daar sal gou nog 'n CD op die mark wees. Ek hoop jy sal eersdaags optree in Bloemfontein
signed on 2006-09-21

Rob Jamieson
Hierdie Kaapse Engelsman wat van Afrikaanse musiek hou het julle "show" gisteraand by Greenfields, Centurion baie geniet en sien daarna uit om julle weer te sien. Keep it up. You guys rock. Groete
signed on 2006-09-14

Ansurette
Kan jy glo!! Ek het uiteindelik vir my 'n laptop gekry en INTERNET! Nou kan ek lekker vir jou mail! Doccie gaan baie goed. Was laas donderdag by Karen en Anneke en wat 'n fees! Praat vinnig weer met jou! Geniet die week... 'Tokkie'!
signed on 2006-09-10

Jon
Well you know I cant read much of what,s been said.All I will say is never let the music stop. My song to you is "I belong to Glasgow" Love
signed on 2006-09-08

Christelle
Ek het geen woorde om te beskryf hoe baie jou musiek vir my beteken nie. Ek weet dat jy soveel mense geraak het met jou wonderlike stem en tydlose woorde. Tussen treine, altyd een van my gunstellinge, huil nou nog as ek die liedjie hoor, veral as ek so ver van SA is, in Dubai. Dankie vir jou.
signed on 2006-08-24

amanda
Hallo Richard jou vrou en huis gesin is seker baie trots dat jy deel is van hul lewens!!!Wanner kom julle weer draai in Limpopo??Jy is veelsydig en geseen met baie talente. Mooi bly.Groete uit die mooiste deel van die land ..Amanda Tzaneen
signed on 2006-08-23

JayCee Botha
Hi Richard - jou musiek is absoluut tydloos. Fantasies om Karen se besonderse stem en talent uiteindelik op 'n cd te he ! Note aan Karen - In unrehearsed awe.. I knew you gonna make it !
signed on 2006-08-03

Yolanda Otto
Hi daar Richard. Ek is 'n GROOT "Fan" van jou musiek en jou optredes. Jy het 'n talent wat ONGELOOFLIK is. (Ek het die vooreg gehad om vir Dr Olof te werk voor sy ontydige afsterwe) Dus het ek baie staaltjies oor jou kon aanhoor. Almal GOED! Mis hom BAIE. Dankie dat jy jou talent met ons deel. Yolanda - Middelburg Mpumalanga
signed on 2006-07-21

Althea Geere
Hi daar Richard, My dogterjie was op die 17 Junie gebore en haar naam is Zanilee. Ek het gereeld die liedjie wat jy geskryf het "engelliedjie" vir haar gesing gedurende my swangerskap. Ek het agtergekom sodra ek haar styf in my arms hou en so saggies die woorde vir haar sing raak sy in 'n oogknip aan die slaap. Ek het daardie liedjie haar eie gemaak en sy sal grootword met die liedjie tot sy dit haarself kan sing want sy is my dierbare engeltjie en daardie woorde is presies hoe ek oor haar voel. Ek sal graag wil weet wanneer die volgende optrede is, eks al verby opgewonde!!! Liefde Groete van Althea & Klein Baba Zanilee
signed on 2006-07-19

Jeremy Swanson
Good God Richard where did all that flowing blonde hair go? Holy Smoke. At school at St. Josephs you had plenty of it. But hey so did I. Not much now either. I am looking forward to hearing some of your music soon. Jeremy Swanson Ottawa Canada
signed on 2006-07-06

Theresa van Antwerp
Hi Richard, Hoop dit gaan goed. Wou maar net gou 'n nota pos om te se hoe baie ek jou nuutste cd 'songs uit my binnesak' geniet. Karen Wessels is 'n baie goeie vriendin van my broer en 'hoe durf jy' het my rerig geraak omdat ek deur presies dieselfde as sy is. En dit het soveel gehelp met my helings proses. Asook die res van die songs op jou cd. Beste ooit is al wat ek kan se. Jy het waarlik 'n blywende amazing stem. En moet nooit ophou sing nie, Asseblief !!!!! En se vir Karen, asook Anneke, Tinus se sussie se hulle is amazing. 'n Ware inspirasie :) dankie vir julle amazing talent wat julle deel met ons.
signed on 2006-07-04

Jean-Mari
Dankie vir al die wonderlike musiek. Ek wil 'n groot guns vra ek sit in Amerika op die stadium en my ma Stephnie van Dyk soek al jare haar neef se telefoon nommer en ons kan hom nooit opspoor nie en dis marcel van heerden. U het al te doen met hom kan u nie asb sy telefoon nommer vir my email nie. Dit sal my ma se hart baie bly maak. Baie dankie Jean-Mari van Dyk
signed on 2006-07-01

PREV25 1 2 3 4 5 6 NEXT25