GASTEBOEK

Dankie dat u my webtuiste besoek het, laat gerus 'n boodskap!

Jou Naam: Jou e-pos adres:
(los asseblief jou regte e-pos adres vir my, anders kan ek nie aan jou terugskryf nie)
Jou Boodskap:

Nicolene
Hi Richard, Ek wil eintlik met SAUK se mense inverbinding kom kan jy dalk help?? ek is DRINGEND op soek na die 'ou' stories vir my kroos.. saartjie en pokkel en dawie en daai span - was mos LEKKER man!
signed on 2007-06-19

Nadine Henderson
Goeie môre, Ek is so bl dat mens iets soos internet het waar ek jou kan kontak. Ek was 1995 of 1996 het ek die cd van balade vir 'n enkeling gekry toe was ek nog baie klein. Dink die buitekant van die kassie was nog geel? Maar om tot die punt te kom ons was weg met vakansie en toe ons by die huiskom is ons huis dolleeg gesteel met my cd wat in die radio was. Ek moet sê waar spice girls vir ander meisies daai tyd als was, was daai cd my als. WAAR KAN EK SO KOPIë KRY!! asseblief ek hoop om gou moontlik van jou te hoor. Nadine
signed on 2007-06-16

ELLEN
Hallo! Dis 'n baie interessante webwerf - veral as 'n mens kan sien watter cd's jy al vrygestel het - ek het juis 'n navraag oor een van hulle - ek soek nou al meer as 6 jaar na die Ballade vir 'n Enkeling-cd wat ek sien, jy vrygestel het (die een met die geel agtergrond en Gavin van den Berg op die voorkant). Kan jy my asb laat weet hoe en waar in Johannesburg ek dit in die hande kan kry, asb? Of as dit nie op cd uitgereik is nie, waar ek dit dan op kasset kan kry, asb? Soos ek gesê het, ek soek al meer as 6 jaar hierna en wil dit baie graag koop. Ek sal bly wees as jy my kan laat weet. Groete, Ellen
signed on 2007-06-15

Nita Botha
Ons het oor jou gepraat omdat Belade vir 'n Enkeling ter sprake gekom het. Kon nie op jou naam kom nie, alhoewel ons weet Korne en Marius van Camperdown sing een van jou liedjies. Het op internet besonderhede geky. Lekker dag, of is dit nou aand. Groete
signed on 2007-06-13

Yvonne du Preez
Hi, waar kan ek die Ballade vir 'n enkeling, tv reeks & "movie" koop. laat weet my asb. Dankie
signed on 2007-06-13

Tanya
Ek is opsoek na die liedjies wat gebruik was in die program Ballade vir 'n enkeling. Ek wil graag weet waar ek dit kan koop. Ek sal dit baie waardeer. Baie Dankie
signed on 2007-06-12

Leonard Arendt
hi, waar kan ek die cd.. van balade vir n enkeling koop?
signed on 2007-06-08

aika
cool pic's in jou gallery groete vir almal. mwha....
signed on 2007-05-31

marna van zyl
Hallo oom Richard. Wat 'n verskriklik mooi insetsel was dit nie oor oom op kwela. Ek woon nou in Nederland en het sommer baie verlang na die lekker danse in Nababeep, die kwaai tannie by die swembad, carvery by klipdam op 'n sondag en na ons kuiers by oom Bokkie hulle met altyd 'n kitaar in die buurt. Voorspoed vir die toekoms en ons as Namakwalanders maak nie saak waar ons woon nie is trots om te vertel dat oom uit ons geweste kom.
signed on 2007-05-27

Daniellé
Hi Ek weet nie wie die boodskappie lees nie, maar ek wil net ietsie vra. Ek het 'n plaat (ja, 'n plaat) gekry toe ek nog 'n klein dogterjie was. Die plaat was Ballade vir Enkeling met al die liedjies van die reeks op. Ek wil net weet of daardie plaat tans op cd beskikbaar is en waar. Ek wil dit sooooo graag hê. As die nie is nie, sal dit dalk op cd uitgebring word. Ek bewaar my plaat steeds soos goud maar het nie meer 'n plaatspeler. Baie dankie. Hoop om gou 'n antwoord te hoor.
signed on 2007-05-17

Vanessa Swart
Hello, Ek is n afrikaner wat 6 jaar terug engeland toe getrek het. En die ou afrikaanse musiek is wat my help as ek S.A. mis.Ek het groot geword met jou musiek. Baie Dankie vir wonderlike musiek wat so baie goeie gedagtes terug bring
signed on 2007-05-16

craig
Hi daar ek is 25 jaar oud en die eerste keer toe ek die liedjies gehoor het soos:tessun treine,en al die liedjies van belade was ek mal oor dit.ek soek die wereled volle net om dit te kry maar kry dit nie Baie dankie dat u dit geskryf het Mag God jou ryklik seen
signed on 2007-05-11

Wanda Voges
Hallo Richard. Soos meeste ander hier op die blad wil ek net se ek geniet jou musiek vreeslik en is baie bly Ballade vir 'n Enkeling wys weer op TV!1 Jippie! Wens SAUK wil meer van die ou Afrikaanse programme terugbring. Anyway...you rock!
signed on 2007-04-29

Louise Grobler
Ek wil net sê puik werk. Ek geniet Dryfsand baie en ook van die vorige reekse waarin jy was. Hart van Staal was fantasties. Hoop om sommer nog baie van jou te sien.
signed on 2007-04-25

Henlie
Hallo Richard, ek is nogsteeds jou heel grootste aanhanger, ek is so bly oor songs in my binnesak, ek het nie woorde om te se hoe mooi dit is nie, baie baie dankie. Jy word ook net alhoe aantrekliker hoe ouer jy word. Ek dink altyd aan jou as ek hier in die karoo 'n trein sien, en die maan skyn nog net so helder op Lootsberg. Groete Henlie of liewer Byt my.
signed on 2007-04-23

Erik de Milander
Hi Richard, Gou 'n foto kom leen vir ons show!! Het toe sommer kom inloer!! Groete. Erik.
signed on 2007-04-18

ashley
oom richard ek moet my hoed afhaal vir jou treffer voshaarnooi, ek meen die liedtjie lat my bloed warm deur my liggaam vloei elke keer as ek dit hoor.
signed on 2007-04-02

Hilda Sharpe
Hi Richard,ek het so 6 jaar terug Australia toe getrek en ongelukkig, net voor ek vertrek het was ek beroof en al my cd's was gesteel! Ek wil baie graag 'n kopie van Ballade vir 'n Enkeling erens koop. Kan jy asseblief vir my verwys na 'n website waar ek dit sal kan koop! Ek hoop rerig, jy sal vir my kan help!!! Baie Dankie, Hilda PS...en is enige van jou ander albums op die web beskikbaar....?!
signed on 2007-04-01

martie
Hallo Richard wil net sê dat Ballade vir 'n Enkeling 'n uitstekende storie is en ons mis nie een episode nie! Hoop ons kan een van die dae weer stories sien soos Onder draai die duiwel rond en Arsenaal.
signed on 2007-03-27

Clarise
Hi oom Richard! Ek is tans 'n 3ejaar student by NWU-PUKKE! Ek is van mening dat "Songs uit my binnesak" een van die beste afrikaanse albums tot dusver (ooit) is! Dit is so lekker om 'n cd te koop wat nie wemel van die "hei-hei-skud-jou-linkeroor-treffers" nie! Oom is 'n ongelooflike inspirasie! Groete, Clarise
signed on 2007-03-23

Anmar
hi Ek is dringend opsoek na die musiek van Belade vir 'n Enkeling, liedjies soos Enkeling, Voshaar meisiekind en tussen treine. Kan 'n mens dit nog erens te kope kry. Dis die mooiste musiek van ons land. dit was mooi en dit bly nogsteeds die mooiste.
signed on 2007-03-22

Conrad de Wet
Ek luister vanoggend na Enkeling, Iewers is daar vrede en musiek van daardie dekade en verlang sommer terug na vroer dae, Lekker ou da was dit sekerlik nie, maar tog is daar heimwee na die dae van my jeug met baie minder verantwoordelikhede. Julle musiek is wonderlik !!!
signed on 2007-03-09

steve van niekerk
beplan jy om ooit in oos london (suid afrika) n show te doen
signed on 2007-02-26

sonsie
Hi daar, Dankie vir jare van wonderlike musiek! Ek is nog baie jonk en was nie in staat om my eie besluite te neem toe die klankbaan van Ballade vir 'n Enkeling nog op die mark was nie. Is dit dalk moontlik om dit nog iewers in die hande te kry?
signed on 2007-02-26

kobus vermeulen
Hi Richard Ek wil net geweet het of jy ook die liedtjie stille waters geskryf het? Hou so aan om die Afrikaners trots te maak, jy mag maar... Ek is 'n groot fan want jy praat/sing nog steeds my taal...
signed on 2007-02-22

PREV25 1 2 3 4 5 6 NEXT25