|
Deon Hi Richard, eerstens dankie vir Afrikaans en hoe mense soos jy dit voluit uitleef en vir ons die genot daarvan verskaf. Ek het 'n klein vragie, ek sien iemand het al navrae gedoen aangaan die die Afrikaase Films wat vervaardig is en waar mens dit kan kry, ek het dieselfde vraag maar nie net oor Films nie, ook die TV-reekse wat uitgesaai is deur die jare, die Suid-Afrikaanse TV-reekse. As ek byvoorbeeld spesifiek kan wees, onder andere: Die binnekring, mosaik, fynbos ens. Dankie vir jou hulp by voorbaat, Groete Deon signed on 2007-12-17
Ansunette Snyman hallo daar. ek was op 'n tyd Ansunette Pansegrouw , weet nie hoe ver terug jy kan onthou nie, maar laat weet maar. ek sien die lewe hou jou baie besig. geniet elke oomblik en hou so aan. signed on 2007-12-14
Erika van der Merwe Hi Richard
Ek is opsoek na jou Cd's, Ballade vir 'n enkeling en Tussen treine.
Waar kan ek dit kry? EK is versot op jou lirieke!
Dankie
Erika signed on 2007-11-24
Mike Eksteen Hi Richard
Its nice to see an ex St Josephs scholar doing as well as you are - Keep it up - all the best signed on 2007-11-21
Alida Louw-Joubert Hi Richard, ek het so 'n rukkie terug 'n program van jou op TV gesien waar julle o.a. gepraat het oor jou CD "Songs uit my binnesak" en ek was so beindruk met die musiek dat ek dit dadelik gaan koop het! Ek soek egter ook" Balade vir 'n enkeling". Waar kan ek dit in die hande kry?
Groete,
Alida signed on 2007-11-05
MAGA MAGAMAGAMAGAMAGAMAGAMAGAMAGAMAGAMAGAMAGAMAGA signed on 2007-11-04
CHRIS ELS n Opregte woord van dank aan jou vir wat jy op verskeie gebiede vir die Suid-Afrikaanse bedryf (ge)doen en beteken (het). Sou graag in besit gestel wil word van n volledige lys van Afrikaanse films vervaardig tussen 1967 en 1995 en indien enigsins moontlik die naam van die vervaardiger en/of verspreider van die voorgenoemde. Afrikaans bo!! Baie dankie. Chris signed on 2007-11-02
Mariana Amazing loopbaan in musiek en teater..hoop die hoogtepunt tref ons eers in die toekoms...lekker om Afrikaans te kan wees...! signed on 2007-10-30
Debbie Hi Richard
Ek soek nou al orals vir die TV program Namakwalanders op DVD maar kry niks. Waar kan
ek Namakwalanders DVD in die handekry om te koop.
Baie Dankie
Debbie signed on 2007-10-18
Adele Ek is erg op soek na die woorde van een van Karen Wessels se liedjies se woorde, genaamd Begeerte.
ek kry dit nerens nie!! signed on 2007-10-08
werner hi thanx richard het reg gekom met brumilda se website ... onthou die koppie staan nog leeg wag dat jy kom kuier maak ons hom vol cheers werner signed on 2007-10-03
tobias Dag se Richard
My meisie wil graag die hele ballade vir'n enkeling reeks op dvd he en ek sukkel om dit in die hande tekry kan jy my miskien help.Ek wil dit vir haar gee as n verjaardag geskenk.
Dankie
Tobias
signed on 2007-10-02
Heleen Coombe Hi Richard,
Is op soek na jou CD Songs uit my Binnesak. Kry nêrens in die Oos-Rand. Het by Musica, Look & Listen ens. probeer.
Laat weet asb waar kan ek dit kry. Groete Heleen
signed on 2007-09-18
Heleen Coombe Hi Richard,
Soek die CD "Songs uit my binnesak" oral in die Oos Rand area. Niks by Musica of by by Look and Listen. Laat weet asb waar kan ek die CD aankoop
Groete
Heleen signed on 2007-09-18
Ifeanyi I don land hear oooooooooooooooooooooooooooooo signed on 2007-09-04
sandra beugger Hallo Richard
Ek is op soek na 'n lys van afrikaanse flieks, bv
Lelik is my offer, Vang vir my 'n droom, Tant Ralie se losieshuis, reekse soos Balade vir 'n
enkeling, op DVD. Waar kan ek dit bestel en kan
jy dalk vir my so 'n lys laat kry? Ek sal dit
baie waardeer.
Groete
Sandra signed on 2007-08-29
Lisette Baie geluk met Water en Klip se opening vanaand.
Mag hierdie produksie aan almal betrokke baie voorspoed bring. signed on 2007-08-28
Roelie van der Walt Van al jou musiek is Ballade vir 'n Enkeling 2 vir ons die mooiste. Dit is ragfyn en onsterflik.
Laat weet asb wanneer jy in Kaapstad en omgewing optree. Ons wil graag kom luister.
Vriendelike groete,
Roelie en Fransien van der Walt signed on 2007-08-24
Eunice Mostert Liewe Richard. Ek is versot op jou liedjies. Ek koop graag al jou CD's. Ek het op DKNT jou nuwe CD, Tussen Treine gehoor en dis pragtig. Ek kry dit egter nie hier by ons nie sowel as jou DVD. Kan jy my asb help oor waar ek dit dalk kan bestel. Baie dankie en voorspoed met jou toer. Hoop jy kom maak 'n draai hier die Durban. Groete Eunice signed on 2007-08-22
Kay (the male variety) Dear Richard,
I was deeply touched by "Engelliedjie" (probably because I have a young daughter) and "Ballade vir 'n vreemdeling". The existential and deeply metaphorical nature of your lyrics is striking and resonates deeply. I often ponder the "...my spore le versprei deur vele paaie", notably because, of my work as a Lifecoach (and personally), which concerns itself with life-paths, authenticity and the non-material ("...my lewe pas nou meer of min in 'n rugsak..."). I was born in Namibia and can relate to your dedication to your dad. I spent many days as a youngster in the desert with my dad looking for "rooi robyne".
Lastly (and despite having a successful professional career), I would like to offer you my services as a guitarist (without cost of course). It would be a humbling experience to be in the presence of such a 'groot gees'. This offer was prompted by your comment on "DKNT" recently, that you like "...touring but that musicians are 'expensive'...". I consider myself a seasoned guitarist (amongst others, played first 'Houtstok' in 1990 with Jacques Steyn and '2B2' (on Anton Goosen's Houtstok Album). Also, I recall you being in a pub in Windhoek (the "Blue Inn" at the Continental Hotel)in the 80s. At the time I was a psychology student playing with a cover band called "ACE". I simply miss playing 'live', i guess. Well, keep that in mind, should the need or inclination arise :-)
Best regards
Kay signed on 2007-08-13
Ida Myburgh Het julle show gesien op 20/7/07 by Godfathers in
die Kaap. Het dit baie geniet. Jou CD's gekoop en is mal daaroor.
Alle sukses in die toekoms.
Ida
Empangeni signed on 2007-07-24
Charmaine Visagie Die webtuiste is baie interessant. Hou baie van jou musiek en as aktuer het jy regtig al goed gedoen. Dit is mense soos julle van afrikaans nog laat lewe. Baie dankie
Groet Charmaine signed on 2007-07-20
Niel Burger Hi Richard,Ek kom van Oudtshoorn af,maar is op die oomblik in London.Ek gaan Vrydagaand vir Robbie Wessels kyk in die Ardvark.Beplan jy enige vertonings hier?Afrikaanse musiek en die atmosfeer daarvan is seker een van die dinge wat mens die meeste na verlang.Groete en alles van die beste. Niel Burger signed on 2007-07-11
Ellen hi!
Baie dankie dat jy teruggeskryf het - ek het die cd toe in die hande gekry!
Daarna het ek toe net gewonder: ek sien dis nie op een van jou albums nie, maar kan jy my dalk met die volgende help,asb?
Ek's nou opsoek na die eerste ene met die oranje-agtergrond waarop Gavin ook voorop verskyn, en sommige van die ander karakters ook onderaan.
Ek sal baie bly wees as jy my kan laat weet waar in Johannesburg ek dit in die hande kan kry!
Groete,
Ellen signed on 2007-07-03
NICOLI VD MERWE EK DOEN N SKOOL TAAK OOR JOU SOEK NOG INLIGTING WAS SAAM JOU BY ANTON BOUWER signed on 2007-06-19 PREV25 1 2 3 4 5 6 NEXT25
|
|