|
Lourens Faul Goeie webwerf!
Help asb.
Ek soek dringen na Louis van Rensburg se tel nr.
Baie dankie.
signed on 2008-05-13
Esther Haai ek is mal oor jou gedigte / lerieke.
Ek het voshaarnooi se woorde kom soek, As jy dalk kan help, ek wil hom graag op die kitaar leer speel.As jy drukke ook het, sal dit wonderlik wees. Julle maak afrikaans vir ons jongmense COOL !! signed on 2008-05-12
Tania Beste Richard.
Ek en my gesin het sowat 3 maande terug Kanada toe getrek. Ons volg nog SA tv op Kuduclub.com, en ek het sopas die reeks Hart van Staal klaar gekyk en jou liedjie "Engelliedjie" het my totaal en al begeester, dis een van die mooiste liedjies wat ek in 'n baie lang tyd gehoor het! Ek gaan beslis my beste probeer om jou cd in die hande te kry! Baie dankie vir al die mooi songs deur die jare, elkeen het 'n herinnering vir my. Groete hier uit die verte signed on 2008-05-09
Cindy Hi Richard ek het so 4 jaar terug by Aardklop vir julle gevra waar kan ek begin met n loobaan en julle het voorgestel ek moet na Andrew toe gaan maar ek sukkel nog steeds ek sing hier en daar en het n paar songs geskryf maar dis waar my probleem le dit klink vir my meer na n gedig ek weet nie of my volgorde nie reg is of wat.As jy wel die goed lees en my boodskap sien laat weet my of ek dalk vir jou die song kan email en as jy my dalk net kan help om te se of dit stupid klink. Als wat ek skryf is relatief bellade rig.En wa die hel kry mens n ritme wat pas.En onthou jy nog vir Mart sy is my vriendin se Ma.Groete uit n koue Potch signed on 2008-04-23
Jacques Volschenk Ek wil maar net sê “Richard Jy Mag Maar”.
Ek onthou jou deur die jare en dink werklik jy is ‘n goeie akteur wat altyd voorkom of jy jou passie uit leef. Ek en my vrou het lekker gelag vir jou werk in Andies Plak en dis jy wat my aan my eie klein produksie laat werk het en baie van my inspirasies kry ek uit gesoute mense soos jy.
Ek hoop ek sal eendag die geleentheid hê om ‘n akteur soos jy wat vir Afrikaans deur moeilike tye help op die map sit het se hand te kan skud.
Groete
Jacques signed on 2008-04-22
Ursula Ek is opsoek na die woorde van die liedjie "begeerte" van Karen Wessels. Help asb dringend
signed on 2008-04-09
Marina Hi my naam is Marina Pienaar , ek skryf gedigte en liedjies en wil my gedigte begin uitsit iewers waar dit iemand dalk sal kan help!!? Enige raad of help?? signed on 2008-04-07
Jean-Pierre de Wet Hi Richard! Dankie vir die songs uit jou binnesak... Dankie ook vir Karen Wessels se snit - ek het haar laaste vertoning by KKNK bygewoon; sy was fantasties. Beplan julle om weer saam te werk in die toekoms? Alles van die beste! JP signed on 2008-04-01
Cornie du Plessis Daniellé
Ons kan jou plaat vir jou op CD oorsit. Ons het goeie toerusting en sagteware, wat ook van meeste moontlike krappe ontslae raak. Vir 'n gewone langspeelplaat vra ons R150. Kontak my gerus by cormar@mweb.co.za of 082 871 1016.
Groete
Cornie signed on 2008-03-31
Elize Barnard Hi Richard
My dogter was 'n "stagehand" by jou vertoning by KKNK. Sy vertel net hoe kalm en rustig jy was en ek wil vir jou dankie sê daarvoor. Die senuwees is maar altyf op hol vir die nuwelinge. Sy het jou cd "Songs uit my binnesak" vir my gekuip. Dis Puik!! Dankie vir jou. signed on 2008-03-31
CLARA ERASMUS WIL NET WEET OF JY VIR MY KAN BESONDERHEDE KAN STUUR VAN ANNA-MART V.D.MERWE ALLES OOR HAAR SY IS MY GROOTSTE S.A.FAN DANKIE signed on 2008-03-27
Lisette Hallo Richard,
Ek is op soek na die Belade vir 'n enkeling reeks. Is dit dalk iewers te koop. Dit is een van my gunsteling stories. Dit is 'n defnitiewe moet he in my versameling. Dan is ek ook natuurlik opsoek na jou musiek uit die reeks. Dit is fantastiese werk gewees. Is dit beskikbaar en wat is die naam van die CD?
Dankie, hoop julle het 'n lekker paasnaweek!! signed on 2008-03-23
Deon K Richard
Hou aan met die goie Afrikaanse musiek. As 'n Suid Afrikaner wat hier in Victoria, Australie werk, laat dit my baie na die huis verlang en maak my trots om Suid/Afrikaans te wees. Selfs die Aussies wat ek hier ken geniet jou musiek(al moet ek herhaaldelik vir hulle die woorde vertolk!!!)
Groet
Deon signed on 2008-03-20
Hennie Hi Richard,
My vrou is mal oor 'Tussen Treine'. Sy sê dit herinner haar aan my. WoW! So, vandaar het ek nogal geëerd gevoel as Tussen Treine op die radio speel en weet my liefie dink aan my - so al te danke aan jou. Dankie vir die plasing van die woorde op jou webblad, dis regtig nice van jou. Waar kan ek die bladmusiek bekom. Groetnis! signed on 2008-03-11
Jaco Hallo Richard. Wil graag weet wanneer julle weer optredes in Gauteng gaan hê?Laat weet asb, ek geniet jou musiek baie.
Jaco signed on 2008-03-08
Mark Booysen Hello Richard
Op die oomblik is dit `n gewone koue reenirige dag in Manchester UK en ek luister na Tussen treine wat vir my huistoe laat verlang en terug na die goeie ou dae.
Wil net se baie dankie vir die Goeie musiek wat die effek het om jou te laat dink wie en wat belangrik in jou lewe is en dat jy op die ende van die dag geluk is.
Baie dankie
Groete
Mark Booysen signed on 2008-03-08
Renschi Hi Richard,
my seun Kevin het n taak oor beroepe en hy het akteur as een gekies van 3 beroepe maar ek kort meer inligting soos bv voordele, nadele vereiste om eendag n akteur te kan word.
Baie dankie as jy kan help, dit was lekker om deur jou web tuiste kan lees
groete signed on 2008-03-03
Frederick Richard waar kan ek 'n Cd bekom met die liedjie, Enkeling en tussen treine ? Laat weet asb. signed on 2008-02-18
Dawie Harmse Goeie dag! Ek is opsoek na die Ballade vir 'n Enkeling weergawe waar daar saam met Karen Wessels gesing word. Waar kan ek die lied aflaai? Soek myself simpel. Dankie vir goeie musiek! signed on 2008-02-12
anneke Ek tree graag self ook op maar het iemand nodig wat my kan help om bietjie meer bekend te raak in die vermaaklikheids wereld,wett nie waar om te begin en waar om te vat of te los nie. Ek wil graag voltyds in die bedryf ingaan. As jy dalk vir my raad het wat ek kan volg asseblief. signed on 2008-02-05
odette hi could you please send me Karin Wessels - Begeerte's words thanks signed on 2008-01-28
Marietjie Benjamin (Koen van Wyk) Richard, I am not sure if you would remember me. We spent a few summers together in Nababeep as teenagers and students. We were part of a group of young friends and I remember it as a lot of fun. Sometimes you would play and sing for us. I am living in Christchurch, New Zealand.
I am planning a trip to SA in April. My partner has never been to SA and looking forward to it. I am thinking of all the people I know in SA and the googled your name!! Great website, Cheers, Koen signed on 2008-01-21
Juanita Wanneer kom jy kuier in Calitzdorp? Ons het 'n gastehuis/restaurant en sal graag vir jou op ons stoepie hoor optree met net 'n kitaar - reg oorkant die kerk..mag nie te veel raas nie...Groete en baie sukses - PS laat maar weet as jy in die omgewing is. signed on 2008-01-11
Natasha Ek is mal oor jou tussen treine liedjie. My verloofde se ma is in daai jaar oorlede toe Ballade vir 'n enkeling uitgekom het... En dit is al wat hy van haar kan onthou. So vir ons is die liedjie tops!!!! signed on 2008-01-11
Danny Calitz Goeie More, ek sien dat dit darem nie net ek is wat op soek is na Afr reekse nei. ek is meer op soek na Simon en Sandra wat in 1990 uitgesaai is. ek het n rolletjie(?) daarin gespeel en will graag die reeks weer he.
baie dankie en hou aan met jou goeie werk in AFRIKAANS signed on 2008-01-02 PREV25 1 2 3 4 5 6 NEXT25
|
|