GASTEBOEK

Dankie dat u my webtuiste besoek het, laat gerus 'n boodskap!

Jou Naam: Jou e-pos adres:
(los asseblief jou regte e-pos adres vir my, anders kan ek nie aan jou terugskryf nie)
Jou Boodskap:

leana
Hi Richard, Dis so nice om jou website te sien, dankie vir die lyrieke
signed on 2010-02-05

mortgage refinancing
Yes! Super site! I like it!
signed on 2009-11-28

spyware stormer
Everythig looks good! Keep your site!
signed on 2009-10-20

Rihanna
Wil net sê jy is GREAT. Luv ya lots!
signed on 2009-09-24

Wepojeh
I have loved your site. So, good luck to your team!
signed on 2009-05-14

Rudi
Hi Richard.Ek is mal oor jou "engelliedjie" en soek asb die kitaar drukke.So terloops jou spel in Dryfsand was uit die boonste rakke.Jy is nie net n puik sanger nie maar n uitstekende akteur.Dankie vir wat jy vir Afrikaans doen
signed on 2009-01-05

Girly Visagie 1957
Hi Richard, sorry het vegeet om te vra, hoekom hou ons nie n "Ou Nababeep" reunion nie,??wat dink jy daarvan??
signed on 2008-10-09

Chanel
Beste oom Richard ek is in die jaar gebore toe Ballade vir 'n Enkeling uitgekom het. Ek was nog baie klein toe het ek al die reeks gekyk en ek is steeds mal daaroor. Ek sien daar is nog mense wat opsoek is na die reeks. As dit dalk nog beskikbaar is sal ek dit baie graag wil hê. Ek gee nie om of dit op video of DVD is nie. Sal oom asb terug laat weet!!!
signed on 2008-09-21

Theltom masimila
Waar kan ek die musiek vir Ballade vir 'n enkeling van die internet aflaai
signed on 2008-09-16

Santie Allen
Hi, Saam met my werk daar `n meisie wat my so baie aan die vliek dink Ballade vir `n enkeling vir een of ander rede kan ek nie haar naam onthou nie, is daar nie `n foto nie?
signed on 2008-09-03

Jacques Pienaar
Hi Richard. My eerste bekendstelling aan Afrikaanse musiek was met Rina Hugo, Ge Korsten , Manual Escorsio, Carike Keuzenkamp, Laurika Rauch en natuurlik Richard en Lochner. Ek was toe nog blote kind. Nou's ek 26 en sal maar altyd Afrikaanse musiek met hierdie kustenaars vergelyk. Dit was en is maar kwaliteit musiek. Ek is nie 'n groot "fan" van breinlose lirieke wat "goed" klink op enige "beat" nie. Sonder om name te noem. Afrikaanse musiek moet siel he en dit is wat jou musiek het. Ek wens partymaal waar ek gedas en gebaadjie in my kantoor sit, dat ek myself kan verloor in die see van kreatiwiteit waarin jy jou tans bevind. Ek is eintlik maar akteur etc. Is ons nie maar almal nie.... Baie dankie vir jou eerlike bydrae tot die Afrikaanse musiek bedryf. 'n Bedryf wat al hoe meer kommersieel georienteerd ,eerder as talentgedrewe raak. Doen so voort. Groete!
signed on 2008-08-26

Heel
bugil foto tuoi tre com vn pictures of mini daschunds free proxy sites mossy oak camoflauge myspace layouts cuppy cake song thomas brown hewitt color chart myspace megaman x mugen edition vin decode
signed on 2008-08-01

Johan
Hi. Dankie vir jou ongelooflike mooi musiek en lirieke deur al die jare. Ek is nou 26, en Balade vir 'n Enkeling was op TV toe ek nog taamlik jonger was. LOL Die musiek was nog altyd vir my 'n hoogtepunt, en het besonders baie vir my beteken deur verskeie fases en gebeure in my lewe. Ek sien al die ander hier is ook opsoek na die musiek. So, waar kan ek dit kry?
signed on 2008-07-18

Christiaan Visser
Hi Richard Het ook in Nababeep groot geword, Wit Straat. Ek wil net weet, is die spook van ou Bokkie in Nababeep se bar waarvan jy sing, Bokkie Basson of Bokkie Elof. Ek weet van die Elof's maar Bokkie Basson het my gat gereeld warm geslaan in die Biologie klas.
signed on 2008-07-02

Helani Jacobs
Hi Richard, Dankie vir absolute fantastiese passievolle kunstenaars soos jy! Mag jou hart se woorde nooit leeg raak nie, en jou sielvolle musiek nooit ophou speel nie! Liefde Groete, Helani Jacobs
signed on 2008-06-25

Jo-Rita Burger
Hi daar Richard, ek sit in Londen vir die laaste ses jaar al en ek soek met n seer hart na die ou Suid Afrikaanse T.V reekse op dvd sodat ek meer tuis kan voel hier in hierdie vreemde koue land. (bv. Ballade vir n enkeling, Sonkring, Agter elke man ens.)
signed on 2008-06-22

Henru Kruger
Alamal sien uit na die "Dorings op die Dansvloer" produksie ! Cultivaria Fees September 2008.
signed on 2008-06-11

Lucas Nell
Richard jy het n gods gegewe talent, gebruik dit. sterkte me toekoms...
signed on 2008-05-22

Lourens Faul
Goeie webwerf! Help asb. Ek soek dringen na Louis van Rensburg se tel nr. Baie dankie.
signed on 2008-05-13

Esther
Haai ek is mal oor jou gedigte / lerieke. Ek het voshaarnooi se woorde kom soek, As jy dalk kan help, ek wil hom graag op die kitaar leer speel.As jy drukke ook het, sal dit wonderlik wees. Julle maak afrikaans vir ons jongmense COOL !!
signed on 2008-05-12

Tania
Beste Richard. Ek en my gesin het sowat 3 maande terug Kanada toe getrek. Ons volg nog SA tv op Kuduclub.com, en ek het sopas die reeks Hart van Staal klaar gekyk en jou liedjie "Engelliedjie" het my totaal en al begeester, dis een van die mooiste liedjies wat ek in 'n baie lang tyd gehoor het! Ek gaan beslis my beste probeer om jou cd in die hande te kry! Baie dankie vir al die mooi songs deur die jare, elkeen het 'n herinnering vir my. Groete hier uit die verte
signed on 2008-05-09

Cindy
Hi Richard ek het so 4 jaar terug by Aardklop vir julle gevra waar kan ek begin met n loobaan en julle het voorgestel ek moet na Andrew toe gaan maar ek sukkel nog steeds ek sing hier en daar en het n paar songs geskryf maar dis waar my probleem le dit klink vir my meer na n gedig ek weet nie of my volgorde nie reg is of wat.As jy wel die goed lees en my boodskap sien laat weet my of ek dalk vir jou die song kan email en as jy my dalk net kan help om te se of dit stupid klink. Als wat ek skryf is relatief bellade rig.En wa die hel kry mens n ritme wat pas.En onthou jy nog vir Mart sy is my vriendin se Ma.Groete uit n koue Potch
signed on 2008-04-23

Jacques Volschenk
Ek wil maar net sê “Richard Jy Mag Maar”. Ek onthou jou deur die jare en dink werklik jy is ‘n goeie akteur wat altyd voorkom of jy jou passie uit leef. Ek en my vrou het lekker gelag vir jou werk in Andies Plak en dis jy wat my aan my eie klein produksie laat werk het en baie van my inspirasies kry ek uit gesoute mense soos jy. Ek hoop ek sal eendag die geleentheid hê om ‘n akteur soos jy wat vir Afrikaans deur moeilike tye help op die map sit het se hand te kan skud. Groete Jacques
signed on 2008-04-22

Ursula
Ek is opsoek na die woorde van die liedjie "begeerte" van Karen Wessels. Help asb dringend
signed on 2008-04-09

Marina
Hi my naam is Marina Pienaar , ek skryf gedigte en liedjies en wil my gedigte begin uitsit iewers waar dit iemand dalk sal kan help!!? Enige raad of help??
signed on 2008-04-07

PREV25 1 2 3 4 5 6 NEXT25